Hoe weet julle van nuwe blogs?

In die ou dae het ek makliker by nuwe blogs uitgekom. Ek het in die instrumentepaneel op my rekenaar gewerk en by die drie blaaie geboer: Nuutste bloginskrywings, Gewildste blogs en gewildste bloginskrywings. Dit is verwyder.

Ek het ook sommer, as iemand kommentaar gelewer het, op die persoon se naam gekliek en dan kom ek by haar uit.

Toe ontdek ek die leser ná baie jare, tog te lekker! Skielik raak ek ‘n volgeling van baie blogs. As ek sien iemand skryf oulik, druk ek die volg knoppie. Alles beland in die leser en wanneer ek lus het vir lees, maak ek net die leser oop en kees wat voorkom.

Tog is ek nie seker of dit alles altyd so lekker werk nie. Ek sien byvoorbeeld net sekere mense se blogs. Ek kry die idee sekere blogs lê altyd bo. Op facebook sien ek iemand het geskryf, gryp die leser en kry die blog nie om de dood nie. Is ek net dom, of wat?

Op ‘n stadium, as jy ‘n bloginskrywing van iemand oopemaak het, het onderaan nog blogs van ander persone verskyn. Ek sien dit ook nie meer nie.

Daar is natuurlik blik. Ek dink ek moet yk of ek hom kan volg.

So ek wil graag weet, hoe weet julle van nuwe Afrikaanse blogs? Ek besef maar weer eens, dis goed om kommentaar te lewer, hoe anders gaan die ander van ons weet?

Groete

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

39 thoughts on “Hoe weet julle van nuwe blogs?

  1. As mense blogs op Facebook share, blik en blogs wat ander volg wat op hulle blog se lysie verskyn. In die begin, om my blog te promote, het ek doelbewus Afrikaanse blogs met Google gaan uitsnuffel (voor ek van blik geweet het) en dan dit gaan like en comment sodat hulle net my naam gesien kry. Dit het baie goed gewerk

    Liked by 1 person

  2. Ek steun swaar op blik. Vroeër jare kon jy Afrikaanse blogs opspoor by af.wordpress.com, maar daardie funksie het in onbruik geraak lyk dit my

    Like

      1. Nie waarvan ek weet nie, maar dit beteken natuurlik nie noodwendig dat dit onmoontlik is nie.
        Terloops. Gaan loer asseblief wanneer jy kans het in jou spamboksie of my alter ego met die hoed nie dalk daar vassit nie.

        Like

          1. Spam dink ek word na ‘n spesifieke tyd (ek verbeel my 14dae) outomaties uitgevee. Beste manier om te toets is om vir Ursula om te koop om kommentaar hier te lewer, en dan dadelik te gaan kyk of sy tot die Spam hoekie verban is.
            Kan natuurlik ook wees dat sy nie geneë was met die geselskap daar in die spamhoekie nie, en sommer self geloop het.

            Like

  3. Toortsie, ek het bo links op die Blik prentjie gekliek, op Blik Voorblad, en kon toe maklik inteken? My posts word nou elke keer dadelik daar opgesit. En vir nuwe blogs kliek ek bo links op Blik Voorblad, op die WordPress blokkie, dan is daar bladsye vol om uit te kies. Man met die hoed het my dit geleer.

    Like

        1. Ek is nie nou by my rekenaar nie. Jy gaan na jou instrumentepaneel. Kyk heel bo links in die hoekie.
          Dan op die skerm links so meer as halfpad af moet settings of instellins of iets wees. Ek dink ek doen dit môre as ek by my rekenaar is dan sê ek presies wat jy moet doen.

          Liked by 1 person

        2. Nou is myne reeds in Afrikaans, so ek gaan skryf hoe ek dink dit sal wees.
          In jou beheerpaneel (Dashboard). Dis mos nou as jy heel links bo in die hoekie kliek, kom jy daarby uit.
          By my is ‘instellings’ heel onder op die kolom links op die skerm. (Dit sal seker settings wees.) Kies dit.
          Dan is die eerste item Algemeen. (Ek neem aan General of wat ook al?) Kies dit.
          Kies taal (language, neem ek aan)
          Kies af-Afrikaans.
          Stoor wysigings

          Like

                  1. Ek sal nie want ek gaan myself uit my blog verwyder. Ek het nou net uitgegaan en dit bly als in “INGELS” Ek weet die settings is reg want ek het gaan kyk, dit wys nogsteeds Afrikaans. JY IS SO GOEIE LEERMEESTER. Was jy ‘n onderwyseres of iets?

                    Like

                    1. Verpleegkundige in die Toraks ICU, die laaste keer toe ek verpleeg het Nou het ek my eie personeelagentskap vir die laaste 26 jr, vir semi geletterde mense met ‘n opleidingsentrum ens. Maar ek mis verpleging, veral as ek die slag saam met van my kollegas wat nog in die beroep is kuier.

                      Like

Gesels saam, asseblief!