In die ou dae het ek makliker by nuwe blogs uitgekom. Ek het in die instrumentepaneel op my rekenaar gewerk en by die drie blaaie geboer: Nuutste bloginskrywings, Gewildste blogs en gewildste bloginskrywings. Dit is verwyder.
Ek het ook sommer, as iemand kommentaar gelewer het, op die persoon se naam gekliek en dan kom ek by haar uit.
Toe ontdek ek die leser ná baie jare, tog te lekker! Skielik raak ek ‘n volgeling van baie blogs. As ek sien iemand skryf oulik, druk ek die volg knoppie. Alles beland in die leser en wanneer ek lus het vir lees, maak ek net die leser oop en kees wat voorkom.
Tog is ek nie seker of dit alles altyd so lekker werk nie. Ek sien byvoorbeeld net sekere mense se blogs. Ek kry die idee sekere blogs lê altyd bo. Op facebook sien ek iemand het geskryf, gryp die leser en kry die blog nie om de dood nie. Is ek net dom, of wat?
Op ‘n stadium, as jy ‘n bloginskrywing van iemand oopemaak het, het onderaan nog blogs van ander persone verskyn. Ek sien dit ook nie meer nie.
Daar is natuurlik blik. Ek dink ek moet yk of ek hom kan volg.
So ek wil graag weet, hoe weet julle van nuwe Afrikaanse blogs? Ek besef maar weer eens, dis goed om kommentaar te lewer, hoe anders gaan die ander van ons weet?
Groete
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Koop tyd
Toortsie by Pinterest
Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap
As mense blogs op Facebook share, blik en blogs wat ander volg wat op hulle blog se lysie verskyn. In die begin, om my blog te promote, het ek doelbewus Afrikaanse blogs met Google gaan uitsnuffel (voor ek van blik geweet het) en dan dit gaan like en comment sodat hulle net my naam gesien kry. Dit het baie goed gewerk
LikeLiked by 1 person
Dankie xx
LikeLike
Ja – dit is of net sekere mense se blogs voorop bly lê … ek sien ook dat ‘n blog hoogstens 2 jaar aktief bly, daarna raak sommige weer weg. Ekself dink dat blogging op ‘n aftreetydperk lekker sal wees.
LikeLiked by 1 person
Kan jy dink hoe ons gaan klets onder mekaar op ons blogs wanneer ons afgetree is!?
LikeLiked by 1 person
Ek steun swaar op blik. Vroeer dae kon jy nog Afrikaanse blogs by af.wordpress.com ook opspoor, maar die funksie het in onbruik verval lyk dit my
LikeLike
Ek steun swaar op blik. Vroeër jare kon jy Afrikaanse blogs opspoor by af.wordpress.com, maar daardie funksie het in onbruik geraak lyk dit my
LikeLike
Ek weet nie hoekom hul die goed afhaal nie, soos af.wordpress.com. Dit het tog niemand gepla nie!
LikeLike
Kan mens op ‘n manier inteken by blik? Ek het gaan kyk, maar sien nie intekenfunksie nie.
LikeLike
Nie sover ek weet nie, maar dan ook toegegee dat ek bitter min weet
LikeLike
Nie waarvan ek weet nie, maar dit beteken natuurlik nie noodwendig dat dit onmoontlik is nie.
Terloops. Gaan loer asseblief wanneer jy kans het in jou spamboksie of my alter ego met die hoed nie dalk daar vassit nie.
LikeLike
Sal bietjie kyk.
LikeLike
My Ursula is ook weg. Nooit daaraan gedink nie, sy sit dalk iewers by spam vas!
LikeLike
Ek het vir verlore outjie met die hoed opgespoor daar by die spam, maar nie my Ursula nie.
LikeLike
Spam dink ek word na ‘n spesifieke tyd (ek verbeel my 14dae) outomaties uitgevee. Beste manier om te toets is om vir Ursula om te koop om kommentaar hier te lewer, en dan dadelik te gaan kyk of sy tot die Spam hoekie verban is.
Kan natuurlik ook wees dat sy nie geneë was met die geselskap daar in die spamhoekie nie, en sommer self geloop het.
LikeLike
Sy het maar ‘n wipperige geaardheid, jy weet!
LikeLike
Toortsie, ek het bo links op die Blik prentjie gekliek, op Blik Voorblad, en kon toe maklik inteken? My posts word nou elke keer dadelik daar opgesit. En vir nuwe blogs kliek ek bo links op Blik Voorblad, op die WordPress blokkie, dan is daar bladsye vol om uit te kies. Man met die hoed het my dit geleer.
LikeLike
Ja myne word ook altyd dadelik opgesit. Wat ek bedoel, is kan mens inteken dat dit op jou leser verskyn. Aan die ander kant wil ek nie al daardie blogs op my leser hê nie.
LikeLiked by 1 person
Verduidelik asb stap vir stap vir my want ek sukkel ook…
LikeLiked by 1 person
By blik.co.za kry jy al die nuutste afr blogs. Tik dit net in by google
LikeLike
Ek stem regtig saam … Regs onder kon ‘n mens ook iemand follow en selfs dit is nou weg. Dis asof hulle dit net moeiliker wil maak
LikeLiked by 2 people
Wag… nou gaan ek ook sommer hulp vra! Waar sien julle Blik?!
LikeLike
Blik.co.za. As jou wordpress op Afrikaans gestel is, kom jou nuutste bloginskrywings daarop. Jy mag maar vra.
LikeLiked by 1 person
Waar stel mens dit na Afrikaans?
LikeLike
Ek is nie nou by my rekenaar nie. Jy gaan na jou instrumentepaneel. Kyk heel bo links in die hoekie.
Dan op die skerm links so meer as halfpad af moet settings of instellins of iets wees. Ek dink ek doen dit môre as ek by my rekenaar is dan sê ek presies wat jy moet doen.
LikeLiked by 1 person
Nou is myne reeds in Afrikaans, so ek gaan skryf hoe ek dink dit sal wees.
In jou beheerpaneel (Dashboard). Dis mos nou as jy heel links bo in die hoekie kliek, kom jy daarby uit.
By my is ‘instellings’ heel onder op die kolom links op die skerm. (Dit sal seker settings wees.) Kies dit.
Dan is die eerste item Algemeen. (Ek neem aan General of wat ook al?) Kies dit.
Kies taal (language, neem ek aan)
Kies af-Afrikaans.
Stoor wysigings
LikeLike
net soos jy hier sê, maklik. Maar nou wonder ek oor die Afrikaans want als ( die raamwerk ) is nogsteeds Engels, moet dit so wees? Jy weet mos ek is rerig blonde.
LikeLike
Myne is afrikaans. Dalk verander dit nadat jy eers die blog toegemaak het. Moenie worrie nie, dit kom hopelik reg.
LikeLiked by 1 person
Jip miskien, ek moet dalk gou toemaak en oopmaak. Ek kan nie uitteken nie, ek het my pw vergeet.
LikeLike
Moenie uitteken nie!
LikeLiked by 1 person
Ek sal nie want ek gaan myself uit my blog verwyder. Ek het nou net uitgegaan en dit bly als in “INGELS” Ek weet die settings is reg want ek het gaan kyk, dit wys nogsteeds Afrikaans. JY IS SO GOEIE LEERMEESTER. Was jy ‘n onderwyseres of iets?
LikeLike
Ek is ‘n juffrou ja. Maar nou weet ek nie hiekom dit nie verander nie. Jou gied sal ten minste nou by die Afr blogs verskyn, hoop ek!
LikeLiked by 1 person
Ek glo dit sal verander. Jy was voorwaar ‘n goeie “juffrou” om my iets te kan laat verstaan. Baie dankie 💐
LikeLiked by 1 person
Wat is /was jou beroep?
LikeLiked by 1 person
Verpleegkundige in die Toraks ICU, die laaste keer toe ek verpleeg het Nou het ek my eie personeelagentskap vir die laaste 26 jr, vir semi geletterde mense met ‘n opleidingsentrum ens. Maar ek mis verpleging, veral as ek die slag saam met van my kollegas wat nog in die beroep is kuier.
LikeLike
So het elkeen van ons sy talente. Ek was nie eers in die ry toe medies uitgedeel is nie!
LikeLiked by 1 person
XxxX
LikeLike
My taak was regtig maklik: Kliek hier. Dan daar.
LikeLiked by 1 person
Vandag werk dit!
Linda.
LikeLike
So bly!
LikeLiked by 1 person