Die ander kant van die muntstuk

Ek lees baie keer raak dat iemand vir God kwalik neem of selfs nie in God glo nie oor onreg wat gebeur of oor siekte wat hul nie kan verstaan nie of watter ander rede ook al. Ek respekter daardie gevoel as ek dit raaklees en het ook maar gewoonlik nie ‘n antwoord daarop nie. Wie is ek nou om hulle te probeer oortuig om anders te dink? Ons omstandighede is mos verskillend, ons geaardhede is verskillend.

Toe gee God my op ‘n besonderse wyse hierdie e-boek in die hand:


Ek kan soms nie anders as om te glimlag vir die manier wat God soms met iets vorendag kom nie, soos hoe ‘toevallig’ ek hierdie boekie raakgeloop het nie!

God demonstrates His grace to us every moment of our lives. EVERY blessing we receive comes to us because of the grace of God. Every breath we take, every moment we enjoy, every gift we receive, every skill that we possess, every work that we accomplish and every hope we have for the future is ours only because of God’s grace. Even the good we do in obedience to God and the love we show to others are possible only because of God’s grace.

Wat ‘n wonderlike God om te dien, ‘n God wat dit goed bedoel met ons, ‘n God wat ons liefhet soos ‘n pa sy kind liefhet, nee, nog baie meer liefhet as dit! ‘n God wat vir my, Toortsie, soveel genade betoon, want ek probeer regtig hard om goed te doen, maar met my beste pogings sou ek nie in die hemel kon kom nie, net omdat ek so baie skeeftrap. Gelukkig is daar ‘n ‘danksy’. Danksy God se genade hoef ek regtig net in Hom te glo en hoef ek nie met goeie werke te probeer om die ewige lewe te verkry nie. God se genade is vir my genoeg!

God se genade is vir my genoeg. Liewe leser, God se genade is vir jou ook genoeg! Regtig waar! Aanvaar dit net.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap and tagged . Bookmark the permalink.

16 Responses to Die ander kant van die muntstuk

  1. My Genade leesstof is weer Grace is greater. Dis loflik dat God uniek met elkeen praat! “Grace is powerful enough to erase your guilt. Grace is big enough to cover your shame. Grace is real enough to heal your relationships. Grace is strong enough to hold you up when you’re weak. Grace is sweet enough to cure your bitterness. Grace is satisfying enough to deal with your disappointment. Grace is beautiful enough to redeem your brokenness. Grace explained is necessary, but grace experienced is essential.”

    Liked by 1 person

  2. Sjo lekker vurig dis pragtig. Sal dit graag wil lees. Ja baie dankie Toortsie. God het almal van ons lief. Dis hoekom Hy Sy seun vir ons gestuur het. Ons dink baie maal God se liefde is eksklusief. Hys lief vir een en dalk nie vir n ongelowige een nie. Die Bybel se: so lief het God die WERELD gehad…”
    Ons wil so maklik mense met die Bybel oor die kop slaan en dink dat almal dieselfde moet dink of glo, terwyl elkeen uniek is. God werk anders met elke persoon want Hyt ons gemaak en weet ons verskillend. Ons moet ook so wees. Elke mense het n unieke persoonlikheid, geskiedenis en wereld beskouing. God is nie n “resep-God”wat een resep vir almal gebruik nie. Hy is n “verhouding-God” wat met elkeen n verhouding wil he en met elkeen spesiaal en uniek wil kommuikeer. Wat n eer om so n God te dien!

    Liked by 1 person

  3. travel460 sê:

    Hierdie stuk breek werklik die ‘ander kant van die muntstuk’ oop, Toortsie. Soos jy, staan ek soms sonder enige antwoorde oor die seer en die verkeerd van die lewe. Maar dit is net die een kant. Elke goeie iets wat ooit met jou gebeur, soos die stuk sê, selfs al glo jy nie in God nie, kom van Hom af. Ons as mens is so geneig om die sleg voor te hou vir die rede hoekom ons ons rug op God keer. Wat van die goeie in jou lewe? Voor wie se deur lê jy dit??? As jy die sleg voor Hom hou, wat dan van die goeie? Of besluit jy om in jou eie menslikheid, teen God te diskrimineer. Hoekom laat Hy sleg toe? Hoekom stop Hy nie dinge nie? Só ñ God gaan ek nie vertrou nie! Tog kyk jy met liefde na jou kinders en kleinkinders, na jou eggenoot, na die goeie in jou werk en jou lewe, en dit vul jou met blydskap. Maar dít hou jy nie voor Hom nie…Hoekom nie?

    As al die goed in jou lewe jou eie toedoen is, dan moet die sleg in jou lewe ook jou eie toedoen wees.

    Like

  4. Soos jy glo ek ook nie aan toeval nie, maar aan “by Divine appointment”.
    ‘n Mens hou vas aan God se genade in moeilike tye – dis dikwels al wat jy het om aan vas te hou: die stills wete dat Sy genade ook vir jou genoeg is.
    Maar daar is egter ook moeilike tye waarin mens uitroep, “My God, my God: waarom het U my verlaat?!” Ek dink God verstaan.

    Liked by 1 person

  5. dromer777 sê:

    Reblogged this on Geloof droom skryf and commented:
    U genade is genoeg! Dankie Toortsie

    Like

  6. Dankie Toortsie. Hierdie stuk laat my dink aan Koos se gebed – wat het is is net genade, wat ek het is net geleen. Sowat 27 jaar gelede het ek ook ‘n boek oor genade wat vir my baie beteken het. Grace Awakening deur Charles Swindoll en 4 jaar gelede met die bloed klontse in my longe (my eerrste blogs het ek God se genade en nabyhied net weer opnuut beleef).

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s