Oor koshuise en kennels

Ek het een dag op facebook gevra of mense ons dorp se hondehokke, man, kennels, kan aanbeveel.

Al antwoord wat ek gekry het, was mense wat gesê het ek moet eerder iemand kry wat by ons honde bly as ons weggaan. Niemand het iets te sê gehad oor die kennels self nie.

Maar ek het mos deesdae wieletjies onder my boude!

As ons pendel, is die hondekinders nie ‘n probleem nie, hulle pendel saam. Die probleem ontstaan as ons gou skielik ‘n nag moet uitslaap om watter rede ook al.

Wie vra jy elke keer om by jou hondekinders te kom bly?

Toe ons nog op die plaas gewoon het, was rondrits geen probleem nie. Hondekind het net by die huis gebly. Die katte was daar en die persoon aan diens het gesorg dat sy versorg was.

Een aand, kort nadat ons ingetrek het in die dorpshuis, moes ons noodgedwonge uitslaap. Die verwers was nog daar tot 5 nm en môre-oggend 7 vm sou hul terug wees. Hul sou seker maak dat hondekind kos het, sy het haar hok, so hoe moeilik kan dit nou wees?

Daardie nag het daardie buurt nie geslaap nie! As sy nie hartverskeurend gehuil het nie, het sy teen die deure opgespring en die alarm geaktiveer. Die alarmmense geen rus of duurte gehad nie! En ek was buite selfoonsein. Chaos was nie die woord nie!

Elke keer wat so ‘n situasie opduik, staan ons voor dieselfde probleem: Vir wie kan ons vra om by die honde te kom bly?

Tot daardie Saterdag wat ek die dip vang en vasgevang voel deur my omstandighede en my honde.

Ek is mos ‘n fixer en daardie Maandag klim ek in die kar en ry kennels toe om ondersoek in te stel. Vriendelike mense. Skoon hokke. Lief vir diere. Wat meer het jy nodig?

Ek het hul nou al meermale gebruik en ons gaan nou ou vriende word, sien ek sommer!

Wat het dit het koshuis te doen?

As ek sou vra of ek my kinders in die koshuis moet sit of nie, sal ek ook ‘n wye verskeidenheid goedbedoelde antwoorde kry, afhangende van die omstandighede! 😁

So ja, soms gaan my hondekinders vir ‘n naggie koshuis toe, is heel tevrede om daar af te klim, baie bly as ek terugkom en ek gaan met ‘n geruste hart waarheen ek ook al moet gaan. Die geriewe ís dan daar! Hoekom dit nie gebruik nie?


En hier is hulle veilig terug by hulle mamma. Xx

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

19 thoughts on “Oor koshuise en kennels

  1. Wys jou nou net, dit is beter om self ondersoek in te stel en jou eie mening te vorm. Jy en my man sal heerlik oor dié onderwerp kan gesels. Hy luister na ander, maar dan toets hy eers self die waters. Ek. Ek is te lui. Luister na die praatjies, en maak op die ou einde vir myself net oneindig baie meer werk.

    Like

  2. Ons het ‘n kennel ontdek,waar die vrou ongelooflik goed is vir diere.Ons gaan baie weg en hulle is opgewonde om soontoe te gaan.Ons kry elke dag ‘n sms om te sê die potekinders is gelukkig.Hulle sosialiseer en speel met ander honde en geniet dit baie.Dis darem gerusstellend,want hulle is nou ons kindertjies!😄

    Liked by 1 person

  3. EK MOET NOG DAAR KOM, dit sal my lewe soveel makliker maak. Mense in my huis werk nie vermy nie, die meeste van hulle verstaan nie dat ek effe OCD is en als waarneem wat hulle aan en in my huis gedoen het. 😉

    Like

Gesels saam, asseblief!