Wrong number

Eintlik lui my huis se foon nie meer nie, mense bel my op my selfoon as dit nodig is om my te bel. Eintlik bel mense nie meer nie, hulle stuur whattsapps.

Maar ek moet ‘n huisfoon hê, dis ook lankal nie meer ‘n huisfoon nie, maar ‘n internetfoon. Dis net makliker om van so ‘n foon af te bel vir besigheidsdoeleindes.

Maar daar is iemand wat my tog te graag bel:

Eerstens natuurlik die telebemarkers, maar hulle het ek ook al redelik kortgeknip.

Jy sien, ons is mos ‘n werkgewer, en ‘n werkgewer moet mos ‘n ‘payslip’ (betaalstaat) gee, wat aan sekere spefisikasies moet voldoen. Julle weet dat Departement Arbeid gereeld jou perseel kom besoek en dan kyk of al die papierwerk op datum is en volgens die spesifikasies?

Nou ja, op daardie betaalstaat staan jou telefoonnommer en omdat ons ‘n boerdery is en die kantoor in die huis, beteken dit dat die kantoornommer en die huisnommer dieselfde is.

So wanneer Pietie die einde van die maand sy geld kry, gaan hy tog te trots met sy betaalstaat waarop al ons inligting staan, na Lewis en Vodacom en wie ook al vir hom iets op skuld sal wil koop. Ag, en dan vul hy ewe trots sy werk se telefoonnommer in en sommer nog my persoonlike selfoonnommer ook as hy net die kans kry, hierdie selnommer is NIE op die betaalstaat nie!

En asof dit nie genoeg is nie, tiek Pietie nog op die plekkie dat hulle my nommer vir ander ook kan aangee as hulle wil.

Nou ja.

Intussen is Pietie al meer as twee jaar by ons weg en het lankal opgehou om maandeliks sy stoof of yskas of TV of ketel of wat ook al af te betaal. Die onderneming het al moedeloos geword, en dan gee hulle sy nommer oor aan een of ander invorderaars. Dan bel hulle my, en vra: “Hello, kan ek met Pietie praat?”, en ek sê nee, Wrong Number. En hulle bel weer en weer en weer totdat ek die internetverskaffer vra om daardie nommer te blok. Dan bel hule my selfoon totdat ek dit blok en dan kom die unknown calls deur.

Die ding is, hulle kies hulle tyd so sleg. Dis wanneer ek boude omhoog oor ‘n bad hang om my hond se kombers te was, of sukkel om vir hom wurmmiddel in te gee dat die foon lui, en ek alles moet los, net om te sê: Wrong number WRONG NUMBER WRONG NUMBER!

Maggies, kan hulle nie leer nie?

Toortsie. Gefrustreerde Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

14 Responses to Wrong number

  1. dromer777 sê:

    Ek voel presies net so 😯

    Like

  2. Kameel sê:

    Yip, die ongerief saam met die gerief 😦

    Liked by 1 person

  3. seegogga sê:

    Ai tog. Die ding is- maak nie saak wanneer hulle bel nie- dis altyd d verkeerde tyd. Die ander ding is- hulle soek ook maar net hulle geldjie wat hulle toekom…

    Liked by 1 person

  4. travel460 sê:

    Ek was my oorlede boetie se kontakpersoon. Hy is in 2010 oorlede, en nounog kry ek soms die oproep. “Can I speak to Benno.”…My antwoord deesdae is: “You are more than welcome. If you do get a hold of him, please tell him we miss him. He has been in heaven since 2010, but do try.” Baie geskok word die foon elke keer in my oor neergeplak. Seker te doen met geeste en dies meer.😉

    Liked by 2 people

  5. O,en gereeld bel een of ander wese met ‘n sterk Noord-Afrika aksent, om my in te lig dat my rekenaar foutief is!Ek sê dan in ‘n krakerige stem,ek is oud en weet nie waar om die rekenaar aan te sit nie….Dit werk soos ‘n bom!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s