Ek het ‘n geheimpie om te vertel

Nee, ek is nie swanger nie, alhoewel, dit wat ek wil vertel is eintlik amper soos swangerskap!

So die nuus is dat daar ‘n Tweede Toortsie op pad is.

Sy is eintlik al lankal op pad.

Daardie dag in November 2015 toe die finale PDF van Toortsie se Bantingboerekos drukkers toe gestuur het, wou die kossies wat ek maak, al by my ore uitkom. Onthou, dit was ál kos wat ek gemaak het, en vir die boek is dit oor en oor en oor en OOR gemaak om doodseker te maak alles is reg.

So, daardie dag het die Tweede Toortsie baie skaam begin vorm aanneem. Weer eens het ek dit vir niemand gesê nie, wie dink ek in elk geval is ek? Die eerste boek is nog nie eers gedruk nie en hier werk ek al aan boek 2! Genade!

Maar nou kan die geheim maar uit. Eintlik weet ‘n hele paar mense dit al, want ek het nooit gejok daaroor nie.

Die reseppies is nou mooi bymekaar, ek dink ek kort nog so twee, maar ek weet wat ek wil maak, ek moet dit net doen.

Die kosstileerder sit al op aandag en wag vir haar kopié sodat sy kan begin proeflees en toets aan die resepte. Nog mense sal moet help met die proeflesery.

Die fotograaf weet nog van niks, sy hou wittebrood iewers oor die water, so die dag as sy in Suid-Afrika land, sal sy haar kamera moet uitruk en dan sal ons weer moet kook en kook en foto’s neem en planne maak.

Ag, dis opwindend!

Ek het ‘n nuwe grafiese ontwerper in die oog van wie se werk ek baie hou, en haar ogies blink ook by die gedagte dat sy dit dalk gaan doen.

Dan moet die storietjie nog net geskryf word.

Mensig, ek is nou so opgewonde!

Maar intussen is hier nog BAIE Toortsie se Bantingboerekosboeke, julle kan maar bestel daarvan. Die nuwe boek het heeltemal ander resepte in. Toortsie het ‘n bietjie waaghalsiger geraak hierdie keer, maar ek dink tog dit sal reg wees.

As alles reg verloop, hoop ek dat die boeke teen die einde van hierdie jaar beskikbaar sal wees.

Ek dink nog aan ‘n naam, maar so lyk dit op die oomblik. Onthou, met my kan dit nog 5 minute voor dit gedruk word, verander!

Nou lê ‘n woeste tyd voor van toets en weer toets en nogmaals toets, asof dit nie alreeds hoeveel keer getoets is nie! Maar ek moet seker maak!

Groete

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF and tagged . Bookmark the permalink.

30 Responses to Ek het ‘n geheimpie om te vertel

  1. travel460 sê:

    Ai Toortsie, wat ń voorreg vir my om op hierdie stadium van jou lewe jou te mag ken. Jy inspireer mens, maar jy is ook ń gewone vrou wat haar liefde vir ons God met ons deel. Dankie daarvoor. Die nuwe boek sal suksesvol wees.

    Liked by 1 person

  2. dromer777 sê:

    Geluk kan ek maar my bestelling insit?

    Like

  3. AWETHENTIQ sê:

    Dit klink regtig baie goed! O, daardie kosfotograaf – dis erger as om kinders, honde en steekse donkies te moet afneem. Ek haal my hoed af wat mik na kos met ‘n duur stukkie glas. Die boek – regtig uitstekend dat jy dit doen. Laat weet as jy proefleser benodig.

    Liked by 1 person

  4. puppy1952 sê:

    Dit is ‘n wonderlike geheim. Ek sien uit daarna😀

    Like

  5. Welgedaan, Toortsie!

    Like

  6. sastoriesblog sê:

    Baie geluk! Jy is omtrent besig. Twee boeke en op die TV….Toortsie word nou ‘n celeb!

    Liked by 1 person

  7. Dit is baie goeie nuus. Dis n groot uitdaging om te moet voltooi. Dis ook goed dat jy nuwe resepte insit. Hul is steeds uniek. Harde werk maar lekker.

    Liked by 1 person

  8. Bravo! En sterkte vir die harde werk wat voorlê tussen nou en Kersfees.

    Like

  9. Kameel sê:

    Ek dink ek moet my man vir jou vir ‘n tydlank leen. Ek weet van niemand wat so lief is vir kos en smaak soos hy nie. Sterkte met hierdie nuwe uitdaging en ja, geniet dit!!!!!

    Liked by 1 person

  10. Aspaai sê:

    Soo bly vir jou !!!

    Like

  11. Kannie waggie 💐💐💐

    Like

  12. Haa…ons is trots op jou!

    Liked by 1 person

  13. Heerlike vooruitsig! Baie geluk!

    Like

  14. Dis baie opwindend. Dankie dat ons so voor tydig kan deel in die geheim. Baie sterkte vir die bult wat voorle.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s