Wie, wie is wie?

Onthou julle daardie liedjie, ek kan nie meer onthou wie dit gesing het nie: ‘Wie, wie is wie? Kyk maar bietjie rond. Wie, wie is wie? Wie’s baas en wie’s die hond?’ Ek dink dit was Caricke Keuzenkamp. 

Maar as ek aan daardie musiekvideo dink, dink ek, ek en my honde sal perfek inpas. 

Genade! Dis vir jou ‘n storie!

Eers moes plaashond leer dorphond word en aan ‘n leiband leer stap. Sy stap darem by die see ook aan ‘n leiband, maar dis ‘n geruk en gepluk! 

Net mooi toe ons tweetjies nou lekker begin stap, die honde in die verbyloop nie meer pla nie, ons elke straatjie en stegie in die dorp te voet leer ken, kry ons ‘n klein hondjie by. 

Ekskuus die Engels, maar dis ‘a sight for sore eyes’ as ons gaan stap! Dan rem die een vorentoe, dan steek die ander een vas, dan verstrengel die kleintjie in die leiband, dan sien groot hond ‘n kat en ek moet net klou vir al wat ek het, en net mooi as hul lekker loop soos twee skouperde, maak een net gou so ‘n vinnige draai om my en sit ek vas tussen leibande en honde! 

Maar dit gaan al baie beter as in die begin, ons kan nou al ‘n entjie verder stap. Soms hardloop die kleintjie, wat ook nou al weer lang bene begin kry, vooruit en ek moet net galop om by te bly. 

Gee net kans, binnekort is hier nie ‘n straat in ons dorp wat ons nog nie platgeloop het nie! Intussen is dit konsentreer, suster, as ek met die honde loop stap. Geen kans vir ontspan en geselsies maak nie. Dis ‘n ding van ten volle betrokke wees by my woefels. 

Terloops, het julle geweet ‘n catapult is ‘n kettie? Nee, het nie, moes eers vir oom Google vra, maar hy het geweet. Dis die woord as jy postaday doen. 

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Dorpslewe, soos gesien deur 'n plaasjapie, Uncategorized. Bookmark the permalink.

28 Responses to Wie, wie is wie?

  1. travel460 sê:

    Ag tog, Toortsie, ek lag te heerlik vir jou stap- petalje! Dis omtrent ń ‘Wie, wie is wie?’

    Liked by 1 person

  2. Klink soos my brakke, my man harnas die twee aanmekaar as hy alleen met hulle stap, hy reken dan is hulle meer gehoorsaam, ek vat die paplepel saam, vir die een of ander rede het hulle ‘n doodse vrees daarvoor…

    Like

  3. Jy moet tog maar baie versigtig wees vir ander honde wat losloop. Nie alle mense hou hulle honde in hulle erwe of vasgemaak aan ‘n leiband nie en as ‘n klomp honde eers begin baklei, kry jy dalk ook ‘n paar happe.Dis om hierdie rede wat ek met ‘n taamlike swaar kierie loop wanneer Genis strand toe gaan.

    Like

  4. Kameel sê:

    Aanhouer wen Toorts, kort voor lank stap julle drietjies netjies in ‘n ry. Miskien moet jy hulle “Voorwaarts mars” leer…. ek bedoel as ‘n bevel.

    Liked by 1 person

  5. Aspaai sê:

    Die stap klink aangenaam maar uitputtend. Maar ek dink dis een van mens se hondekinders se lekkerste bederfies. xxx

    Like

  6. Ha ha ha
    Dis nou vir n jou n ding. Klink na n deurmekaarspul maar aanhouer wen. Een van die dae is hul regtig soos twee skouperde. Ja dit was inderdaad Carike Keuzenkamp. Naam van die lied is Hondsalon.
    Wel sterkte met die skouoerde

    Like

  7. Dis Henro hoor. Lyk my ek is ingeteken onder n skuilnaam ha ha ha

    Like

  8. Lag ek nou lekker! Bella het ook ‘n manier om met my te loop, in stede van ek met haar – haar nefies trek mos sleë. Maar dit gaan 100% beter sedert ek vir haar ‘n harnas aangeskaf het.

    Like

    • Toortsie sê:

      Jy sien, my Mags was gewoond om die hele plaas se ekologie te versteur terwyl ons stap, sies tog, nou is sy oud ook nog, maar kry regtig lus vir elke kat wat sy sien.

      Like

  9. So in my geestesoog sien ek jou stap met twee leibande vooraan twee honde en iewers in hierdie chaos n kierie. Ek dink dis n resep vir n groot val.

    Like

  10. Ek het lankal opgegee om met my drie honde te stap…ek koek so vas tussen hulle en dan lig die reuns nog been ook en pieps op mekaar se koppe…dis nag!Jy het hierdie nou heerlik beskryf…een van die dae lyk jy soos ‘n skieër agter ‘n boot aan,as die kleintjie groot raak😜😂

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s