Ipl, ‘n robotmannetjie en die laaste hekkie

Saterdaemiddae se rugbyuitsendings, en my pa wat vasgenael voor die radio sit terwyl ons moet stilbly het my vir ewig van rugby genees. Dus was ek diep dankbaar dat ek nooit ‘n sportbehepte man getrou het nie. My kinders se atletiekbedrywighede – wat ek terdeë geniet het, veral toe Kenneth vir Oos Transvaal langafstande gehardloop het – was meer as genoeg sport vir my; dankie!!! Toe Marlè in haar tienerjare was het ons wintervakansies sit en truie brei, terwyl ons Wimbledon tennis kyk. Dit was heel gesellig en oor die algemeen ontspanned, maar toe Marlè uit die huis uit is het Wimbledon sy bekoring verloor.

En toe kom bly Simon the Great Greek by ons, en stel ons voor aan die Wêreldbeker sokker. Ek en Ken sluk die aas “hook, line and sinker,” soos die ingelse sou sê. Gelukkig is dit net elke vier jaar want ek besef vroeg-vroeg dat sport nie goed is vir my senuwees nie. Probeer soos ek wil kan ek nie neutraal sit en toekyk nie; nee, ek word ingetrek en as ek my weer kom kry sit ek so styf gespan soos ‘n snaar voor die tv. Aan die einde van so ‘n reeks sug ek verlig… vier sportlose jare lê voor my; salig!!!

Hoe dit gekom het weet ek nie, maar op een of ander manier het ek en Ken een jaar ipl krieket gekyk, en weereens die aas gesluk. Die verskil is die ipl is elke jaar, en soos ek hier sit en tik kan ek die effek voel van die afgelope paar weke se spanning wat in my opgebou het. Ek weet nooit watter span ek gaan kies nie; hulle speel, ‘n persoon, of ‘n groepie mense trek my aandag, en ditsem… ek het my span. Diè jaar was dit Steve Smith se eienaardige bewegings wat my laat lag het. “Hy laat my aan ‘n robotmannetjie dink,” sê ek vir Ken, en nie lank nie of die robotmannetjie en sy span het my hart gesteel.

Gisteraand was die finale eindrondte, en Pune Supergiant verloor met twee lopies. Die strespilletjie wat ek voor die tyd gedrink het, het nie veel gehelp nie. Ek is nie omgekrap omdat hulle verloor het nie, die ding lê veel dieper as dit. Ek raak te intens en emosioneel betrokke by die mense self. Hulle vreugde is my vreugde, en hulle teleurstelling is my teleurstelling. Soos Ken tereg vir skoonseun gesê het, “As ma kon sou sy binne in die tv geklim het, en elkeen ‘n drukkie wou gee.” Ek lag werklik saam met die wat lag, en huil saam met die wat huil.

Tervergeefs of ek aan die slaap kon raak na soveel spanning. Ek staan later op en stuur ‘n “voice message” aan “die verlore seun,” waarin ek my hart uitpraat oor die krieket. Van al ons kinders is hy die sportliefhebber. Vanoggend luister ek na sy gerustellende stem wat my vertel hoe goed Pune Supergiant was, en dat die laaste hekkie net te hoog was vir hulle. En toe huil ek, nie vir myself nie maar vir hulle wat nie oor die laaste hekkie kon kom nie.

Advertisements
This entry was posted in Die lewe. Bookmark the permalink.

12 Responses to Ipl, ‘n robotmannetjie en die laaste hekkie

  1. Lekker om jou te sien. Jy is skaars…

    Liked by 1 person

  2. En toe huil jy nie net oor die sokkerspan nie, maar oor ALMAL wat nie die laaste hekkie kan oorkom nie. Nè? Jy moet meer kom gesels, ons mis jou.

    Liked by 1 person

  3. travel460 sê:

    Jy maak nou my aand, Kameel. Die stuk is SO oulik geskryf. Ek stem saam, kom kuier bietjie meer.

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Dankie travel 🙂 Ek het skaars geraak met my blog en bloedvriendinne…. en kannie my vinger op die rede daarvoor lê nie. Dink ek is deur ‘n tyd van depressie. Mooi aand vir jou.

      Liked by 1 person

  4. Lekker jou sport ervaring geniet. Mooi geskryf.

    Liked by 1 person

  5. dromer777 sê:

    Dit baie geniet. My man is groooot sportliefhebber🙈

    Like

  6. Toortsie sê:

    Kameel, ek was ook nooit lief vir sport kyk nie en mense wie se name ek nie wil noem nie, het my ook heeltemal genees.
    Maar die Comrades het ek altyd gekyk, tot ekself ‘n verbod daarop geplaas het. As ek begin kyk, doen ek die res van die dag niks, ek huil oor alles. Ek huil oor hulle wegspring, ek huil oor hulle swaarkry, ek huil as hulle mekaar help en oor elkeen wat oor die wenstreep gaan. Teen 5 uur as die skoot afgaan, is ek histeries. So, geen Comrades vir my nie. Sorrie, comrades, sorrie, ek kon ook nie oor die laaste hekkie kom nie!

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Dan verstaan jy Toorts. Het vir my man gesê as ek nie die ipl of wêreldsokker kan kyk sonder om myself so emosioneel op te werk nie sal ek moet ophou kyk. Dit sal egter moeilik wees…. dit hou vir weke aan en hy sal nie nou ophou kyk nie.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s