Hoekom word ons van al die lekker kosse weerhou?

Dís iets wat ek baie in my lewe gehoor het: ‘Dis so onregverdig. Hoekom moet ‘n mens al die lekker kosse uitlos?’

Ek het dit eintlik lank laas gehoor en skielik hoor ek dit hierdie week weer.

In my vroeë lewe, dis nou in my lewe vóór Banting, was dit ‘n algemene sê: ‘Al die lekker kosse is verbode. ‘

En dís die goeie nuus wat ek vandag het, by Banting mag ‘n mens juis die lekker kosse eet! Jy mág al die ryk en romerige kosse eet wat jou vervuld laat voel en jy mág dit eet sonder om een oomblik skuldig te voel. God het al hierdie kos vir die mens voorsien en ons mag dit geniet in hul natuurlike staat! Regte room, soos die melkkoei dit vir ons gee, vleis met ‘n stukkie vet aan, dis juis die vet wat die geur gee, daardie lieflike bruingebraaide hoendervel mag jy geniet!

Al probleem is dat die nie werk saam met die suikers en die stysels nie.

Maar wié wil nou ‘n stukkie rou vis toegedraai in ‘n bondeltjie rys eet as jy ‘n lieflike skaaptjoppie, gebraai op die kole, kan kry?

Wie is lus vir ‘n doughnut met opgeklitste nagemaakte room as jy ‘n heerlike roomkaastert, op die regte manier gemaak, kan kry?

Het jy regtig nodig om daardie pap tjips, wat swem in die olie, in jou mond te druk saam met die vis as jy ‘n heerlike, vars slaaitjie daarby kan geniet?

Nee wat, ek voel al lankal nie meer dat ek afgeskeep word omdat ek hierdie leefstyl gekies het nie. Ek wil juis sê: ‘Ek mag alles eet wat lekker en ryk en heilsaam is en dit ten volle geniet!’

Al wat dit eintlik vra, is ‘n kopskuif. 

Ek kan nie waarborg dat dit vir jou gaan werk nie, ek raai steeds aan dat jy dit in samewerking met jou dokter doen, maar ék kies om dit te doen, hopelik vir die res van my lewe. Vir my was dit die beste kosbesluit nóg!

Can I say, Banting is notorious for nice and creamy food?

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged . Bookmark the permalink.

16 Responses to Hoekom word ons van al die lekker kosse weerhou?

  1. travel460 sê:

    Ek moet eerlik wees, alhoewel ek nie banting doen nie, want ek sukkel om te eet na ñ operasie verlede jaar, is meeste van jou resepte vir my lekkerder as die gewone kosse wat ek gewoonlik voorberei. Veral die nageregte.

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    Vir my is bantingkosse heerlik. Die probleem is net dat brood en aartappel vir my ook heerlik is! O ja en nou en dan n bietjie regte egte tjoklits…

    Liked by 1 person

  3. AWETHENTIQ sê:

    Ons het ‘n vriendin wat baie wyd strek. Dis alle soorte kitskos, gemorskos, comfort food daarby. In plaas van roomys met kitsroom of ‘n milkshake vol pollyfilla, bestel ek ‘n lekker Griekse slaai. Ja, daardie tjoppie is reg!

    Mag mens ferweelpoeding eet? Dit jare laas geproe.

    On 20 May 2017 09:15, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Dís iets wat ek baie in my kewe gehoor het: ‘Dis so > onregverdig. Hoekom moet ‘n mens al die lekker kosse uitlos?’ Ek het dit > eintlik lank laas gehoor en skielik hoor ek dit hierdie week weer. In my > vroeë lewe, dis nou in my lewe vóór Banting, was ” >

    Like

  4. Miskien moet ek by my dr. draai

    Liked by 1 person

  5. Ja, ja ek weet dit werk… danksy my swaer… ek moet nog net die kopskuif doen, brood is my dood…

    Liked by 1 person

  6. aj vosse sê:

    Yes! Notorious!! 😉 Maar… dis tog soooo lekker om lekker te kan eet!! 😀

    Like

  7. Toortsie, pas neute by Banting in? Indien wel: wat en hoe? Dankie! 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s