Christenhuwelike

Word Christenhuwelike bedreig? Of is Christenhuwelike ‘n bedreiging vir Satan?

Ek dink beide!

Ek is tans besig met 31 Days of praying for your pastor’s wife van Revive our Hearts deur Nancy leigh De Moss.

Day 9
Pray that God will build a hedge of protection around her marriage, and that she and her husband will be aware of the potential of any improper relationships.
Pray that their family time will be protected.
Matt 19:6; Prov 31:11a; 2 Kor 10:4-5

Satan doen alles in sy vermoë om Christenhuwelike te kelder. Hy weet dat God die huwelik en die gesin geskep het as die basis, die beginpunt van alles en dat die gesin die sterkste band is wat daar is. As hy gesinne kan opbreek, wen hy groot in die afbreek van die Koninkryk. Daardeur skep hy onsekerheid wat maak dat mense op ander dinge as God fokus en in die proses mag hulle geloofslewe selfs verwater.

Predikante, pastore, sendelinge, werkers van God se huwelike is selfs meer in die spervuur. As Satan predikante se huwelike kan opbreek, wen hy net nog baie meer. Mense kyk op na hul predikante. Predikante is gesante van God. As hy ‘n predikant se huwelik kan afbreek, breek hy ‘n klomp gesag in die gemeente ook af.

Daarom kry predikantgesinne dit baie feller en moet hul baie sterker staan.

Voel jy as predikantsvrou vasgevang in jou gemeente, vasgevang in jou huwelik, vasgevang in jou man se beroep? Nee, ek is nie ‘n predikantsvrou en was dit nog nooit, daarom kan ek nie praat uit ‘n predikantsvrou oogpunt nie. Ek is wel al vir meer as 30 jaar getroud en oor 30 jaar is my huwelik ook al deur ‘n hele paar stampe en stote, net soos enige ander huwelik van 30 jaar! Enige persoon voel soms vasgevang in sy/haar omstandighede. Enige persoon mag dalk baie keer aan uitkomkans dink. Dis normaal!

Iemand stuur vir my ‘n stukkie uit ‘n boek. Dit gaan daaroor dat langlewendheid een van die mooiste dinge in ‘n huwelik is, iets is om te koester, iets om na te streef. Die persoon skryf so mooi dat daar tye kom dat ons uithouvermoë ons liefde oortref, dat ons voel of die liefde nie meer daar is nie, maar dat die uithouvermoë, die wil om dit te maak werk, dan die deurslag gee. Ongelukkig weet ek nie wie die skrywer is nie, maar hy skryf:

In marriage we must burn the ships – back-up plans don’t exist. 

Gaan jou huwelik deur ‘n storm? Voel jy na moed opgee? Bid daaroor. Fokus daarop. Fokus op dit wat jou na hom/haar toe trek, wat jou nog altyd by hom/haar gehou het. Onthou dat dit die storms is wat ons sterk maak, al is dit regtig nie lekker wanneer jy in die storm is nie. Maar as jy deur die storm byt, wil God juis vir jóú gebruik as getuie vir Hom, om ook ander wat in krisissituasies is, te help.

Staan by jou huweliksmaat soos nog nooit tevore nie. Hy/sy het jou nodig, meer as ooit. Ja, hy/sy is nie altyd maklik nie, maar hy/sy is goed vir jou. Bid die volgende 30 dae spesifiek dat God jou hart weer sag sal maak vir hom/haar. Konsentreer op sy/haar goeie punte, daar is baie. Bedien en dien die ander een in liefde en sien hoe word hy/sy weer klei in jou hande. Hy/sy is dalk ook onseker en weet tans nie waar hy/sy net jou staan nie. Verseker hom/haar onvoorwaardelik van jou liefde. Belê in jou huwelik soos nog nooit tevore nie. Ek belowe jy sal die vrugte daarvan pluk. Lees huwelikboeke, sommer vrystories ook, dit doen wondere.

Kom ons pas ons huwelike op soos nog nooit tevore nie.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

14 thoughts on “Christenhuwelike

  1. Wat is ‘n Christenhuwelik ten eerste? Slegs een wat deur God ingestel is; daarmee bedoel ek nie dat jy in ‘n kerk getroud is nie, eerder dat God jou en joy maat self saamgevoeg het. Mense raak verlief en trou, maar was dit Sy beskikking?

    Op die sendingveld het ons dit soveel keer gesien dat die Vader twee mense bymekaar sit, hulle opdrag gee om te trou sonder dat hulle eers in mekaar belangstel.

    In Maart-Aril 1986 kry ek Skrif oor ‘n kind wat sal kom teen die draai van die jaar. Ek is lekker los van enige meisie of verhouding en raak in elk geval nie met meisies besig as ek nie ten minste dadelik troupotensiaal raaksien nie. Mens gaan maak nie ander mense seer net om dit as jou eie leerproses te sien nie. Maar so gebeur dit dat ek ‘n “blind date” kry na ‘n optrede deur ‘n bekende Afrikaanse gospelsanger. Nie een van my baie hou-op-armlengte vriendinne is beskikbaar nie. Tella reel vir my ‘n afspraak want ons het vier kaartjies en daar is drie mense. Sy gaan saam met my ander virend. Die meisie is ‘n wingerdmodelletjie uit die Hexvallei en klink en lyk soos daai enetjie met beesmis tussen die tone en sonskyn op haar wange waarvan Salomo (na bewering) geskryf het. Ons gaan saam na ‘n sendingkamp op Darling en daar kry ons dieselfde Skrif; ons besef wat aangaan maar nie sy of ek stel eens belang nie. Ons sendingroeping is al wat tel. Intussen praat die Heer hard en duidelik dat ons moet trou en klaarkry (sien, ons moes trou – HY het so gewil) en Hy plaas baie druk op my. Ek skop vas en sy ook, todat SY aandrang op gehoorsaamheid ons laat kop gee. Ons raak verloof en trou op ‘n Sondag na kerk; as ek en Louis, my predikant, mekaar reg verstaan het, was ons tydens die diens getroud. Die dorp gons, die drie KJA’s waarvan ek tegelyk voorsitter was, hou my wyfiky fyn dop. Ons kom terug van Tsitsikama met ‘n oggendnaarheid – albei van ons; so hou dit vir nege maande aan. Op 27 Maart 1988 is sy gebore, ons eersteling – ek werk met Staatsfinansies en ons jaareinde is op 31 Maart! Die draai van die jaar!

    Ouma Anna leef net lank genoeg om haar kleinkind vas te hou, gedoop te sien en daarna sterf sy onverwags, sommer nog jonk.

    Ons raak eers ‘n jaar later werklik verlief op mekaar, maar is tans soos twee lawwe tieners. Daar is reeds twee kleinkinders, die eerste gebore die oggend toe ek 50 geword het, die ander op ‘n paar uur na, dertig jaar nadat ek Jesus aangeneem het! Elke verjaardag ‘n kleindogter! Vandag is dit 10,970 dae later en ons is steeds lief en verlief.

    Maar: die Satan het tussenbeide gekom, daar was uiterste spanning op tye, elke keer deur ‘n pastoor of kerkmense, naby-familie en selfs “vriende” wat ons met alle geweld uitmekaar wou kry. Raai net hoekom ons lankal nie meer met hulle tyd spandeer nie? Jesus het ons saamgevoeg; nie ons met hulle nie. Ons het gehoorsaam, satan was ontevrede maar ek het net anderdag vertel ek gaan haar dagvaar as sy voor my gaan, vir kontrakbreuk (ons het nie ‘n kontrak nie), vir huisverlating, vir drostery, vir verwaarlosing, vir ‘n gebroke hart. Dus sommer vir emosionele pyn en lyding ook. Ons het so in mekaar ingegroei dat ek nie die lewe met iemand anders kan voorstel nie. Ek het die heel beste vrou gekry; ander mans moet maar met tweede plek tevrede wees.

    Wat is jou definisie van ‘n Christenhuwelik?

    Like

  2. Hierdie stuk van jou is broodnodig. Toortsie. Met drie getroude dogters, elk in hul dertiger jare, besef ek maar alte goed die gevare van huwelike. Vir my lyk dit asof hierdie ouderdom die tydperk is wanneer huwelike die meeste in die spervuur is. Die tussen 30 en 40 jaar pappas en mamma. Ek bly op my knieë vir hulle en my kleinkinders. Asook vir hul vriendekringe wat dieselfde aanvalle ervaar.

    Like

      1. Ek moet eintlik iets byvoeg. Tussen my oudersdom vriende is daar ook huwelike wat nou swaarkry. Oor ander redes as die jongeres, maar dit is vir my ñ baie hartseer saak. Ons ouer garde moet mos juis nou daar wees vir ons kinders, met wysheid. Nie self so sukkel nie.

        Liked by 1 person

  3. Ek dink dit is – Satan besef as hy die huwelik aanval val hy die hele gesinsstruktuur aan en so kan hy sy houvas op die mens behou – dank Vader ons God is groter en Hy is en bly in beheer, ek glo Hy werk in mense se harte om die waarde van die huwelik te sien.
    Maar ja, Satan (die brullende leeu wat daarop uit is om te vernietig) se aanval is groot en mense moet vasstaan in die behoud van die huwelik, wat vlg my die enigste voordelige instelling vir beide partye is indien hule verhouding op ‘n permanente rigting inslaan.

    Liked by 1 person

  4. Dit is net genade wat hierdie huwelik nog staande hou. Dit was sataniese aanvalle vanaf die oomblik toe ek my lewe aan God gegee het.

    Like

Lewer kommentaar op dromer777 Kanselleer antwoord