Help! Ek is desperaat oor my vet!

Hierdie skryf ek met toestemming van die betrokke persoon, omdat dit ‘n universele probleem is wat soveel mense raak.

Hallo daar Toortsie, ek is desperaat in die oortreffendste trap wat daar is. Asb gee my of help my om my kop reg te kry om hierdie pad te begin stap. Ek koop amper elke maand die regte produkte net om dit op die einde in ander verkeerde geregte te gebruik.
Ek raak opgewonde oor almal se sukses verhale, maar dit is asof myne net nie kan begin nie.
Ek hoor graag van jou
Baie dankie by voorbaat

Sjoe, ek hoop ek jan help! Moenie onnodig spesiale goed gaan koop nie. Maak dit so eenvoudig moontlik. Begin deur alle stysels summier te los en nie eers te probeer om dit op een of ander manier te vervang nie.

Bak vir jou eiers vir ontbyt in botter en sny sommer ‘n dik stuk kaas op die eier dat dit insmelt. Sit ‘n halwe of heel avo by en tamatie.

Hoofete: Bak vir jou tjoppies in die oond met groente daarby. Enige groente net nie aartappels of patats of beet nie. Roerbraai die groente sommer in botter en gooi Aromat en sommer room daaroor om die voedingswaarde te verhoog.

Derde ete maak jy vir jou mosselslaai. Hele blikkie mossels met alle slaaigoed waaraan jy kan dink en volvet mayonnaise oor en kaas of fetakaas.

Maak jou kos so lekker en aantreklik as moontlik. Gooi bacon by vir geur. Bederf jouself met al die lekker goed waarvan jy jouself vir jaaaare ontneem het. Geniet elke happie.

As jy lus kry vir iets soets of brood, sny ‘n lekker groot stuk kaas af.

Onthou die eerste paar dae is regtig nie maklik nie, maar beslis die moeite werd.

Het jy baie om te verloor, want as jy reeds maer is kan jy dalk sukkel om gewig te verloor.

Dankie, maar 1 probleem. Ek kan nie gaan sonder om brood in my huis aan te hou nie, ek het 2 meisiekinders en ‘n huishulp wat 3 keer per week inkom. Brood is my grootste euwel, as daar nou 1 ding is wat ek weet waaraan ek my skuldig maak is dit brood. Ek kan gelukkig sonder rys en aartappels , maar ooo weee, die brood.
Ek besef dat beplanning ook groot rol speel, dit gaan regtig net daaroor om my kop oorgeskakel te kry. Dit is regtig ‘n sielkundige battle waarmee ek worstel. Ek moet dalk meer oplees oor hoe mens se brein dit kan aanvaar om nie brood as iets lekkers raak te sien nie. Klein trappies op ‘n slag
Ek moet 15 Plus verloor om net te kom waar ek vir eers wil wees. My lengte tel in ‘n mate in my guns, maar die meeste van my gewig is om my maag en deesdae ook sommer my boude en bene.

Ek was nog nooit so ineengetrek van minderwaardigheid soos nou nie.

Ek word 47, weeg ongeveer 100 kilo’s en lyk soos ‘n ou vrou in my oorgroot klere.

Dit gaan daaroor dat jy jou beloon en nie goed ‘wegvat’ nie. So moenie daaraan dink dat jy brood wegvat nie. Eet iets LEKKERDER AS BROOD. Ek weet, onthou, ek is net so lief vir brood. 🙂 Maar dink aan iets verskriklik lekkers wat jy nie mag eet nie omdat dit vet maak, soos wat ons voorheen geglo het. Soos KAAS. Kaas is regtig my redding. Jy mag soveel kaas eet as wat jy wil. Of biltong of droëwors. Of salami. Hou dit aan in die yskas. (Ek hou ook steeds brood en beskuit aan vir my huismense.) As jy genoeg VET inneem, soos wat in kaas is of in bacon of salami of daai dinge, raak jou behoefte aan stysel weg. Regtig, dit is regtig so.
Ek help graag, hoor. 🙂
Ons gaan jou deur hierdie ding kry. Nothing tastes as good as slim feels.
By die ander dieëte moet jy jouself weghou van kos. Hier hoef jy dit nie te doen nie. Jy hoef nie honger te ly nie. Jy mag soveel eet soos wat jou liggaam vra, maar jy moet net die stysels en suikers uitsny. So, wanneer jy lus voel vir iets soets of brood, gryp daardie salami of wat jy ook al het en geniet elke happie sonder om skuldig te voel.

Dis die skuldig voel wat ‘n mens meer laat eet.

Baie dankie vir die motivering! Jy noem hierbo van vol vet mayonaise, gebruik jy ‘n spesifieke mayonaise of maak jy jou eie?

Ek koop Crosse & Blackwell. Tangy.
Laat weet hoe dit gaan.

Ek hoop dat hierdie vir iemand anders ook sal help.

Later bygevoeg. As ek eterig begin raak en lus kry vir allerhande verkeerde kos, bederf ek myself met iets lekkers wat toelaatbaar is. Hier is die mokkaroomkaastert wat ek vir Pasella op SABC 2 gemaak het. http://www.pasella.com/resepte/resepte-detail.php?recipeType=0&resepID=849

Groete

Toortsie

Toortsie op Pasella, SABC 2:

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

 

 

7 thoughts on “Help! Ek is desperaat oor my vet!

    1. Bederf jouself. Maak vir jou daai tert wat ek op TV gemaak het. Ek sal nou die resep hier sit. As ek so wil begin oortree, maak ek vir my lekker goed wat ek mag eet. En eet dit dan na hartelus.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op rondomtaliedraai Kanselleer antwoord