Toortsie se Voelgoedstorie nr 20 – Verrassing!

Hierdie is een van die Voelgoedstories wat verlede jaar by Finesse se goedvoelblogs geplaas is.

Verrassing!

Om ‘n verrassingstee vir ‘n super-wakker meisie met snuf in die neus te hou wanneer jyself daarop roem dat jy nooit ‘n leuen vertel nie, nie eers ‘n wittetjie nie, kan dit nogals ‘n tameletjie raak.

Dis nog lank voor die troue, maar die toekomstige skoonma se kort kuier maak dit ‘n ideale tyd om ‘n bietjie troudinge te doen. Die spysenierders en saalversierders word gesien, ons hou ‘n proeflopie met die kos, maar sus is nie dom nie, sy kan ook een en een bymekaar tel. Te veel kere word gefluister en vreemde opmerkings en whattsapp’s gemaak, wat die suspisie vergroot. Elke moontlike ‘vreemdheid’ word opgemerk. Somme word gemaak, vrae gevra en dit raak net al hoe moeiliker om steeds die waarheid te praat sonder om die geheim uit te lap.

Ek beklemtoon dat dit Junievakansie is en omtrent almal iewers toer, hierdie een is in Europa, daardie een in Slovenië, iemand is Oos-Kaap toe, die ander is op pad Namibië toe, almal mense wat sy by die kombuistee verwag.

Ons reël ‘n aandfunksie en nooi die mans ook saam vir potjiekos. ‘n Dag voor die tyd word die groentes geskil en opgesny en in die koelkamer gebêre. Draai sy haar rug, kap ons groente. Ons praat openlik van die pot wat ons die aand gaan maak. Die uitdaging is om haar weg te hou van die twee potte op die vuur! Skottelsvol groente en hoender word onder haar neus hanteer, maar sy word besig gehou met troukaartjies, skottelgoed wegpak en enige onbenulligheidjies waaraan ons kan dink. Minute voel soos ure.

Sal Google nie 20 minute voor die gaste opdaag vir my ‘n boodskap stuur, ‘Sus se Kombuistee’, terwyl my selfoon langs haar lê nie? Ons probeer dit steeds wegpraat en speel duette op die klavier, maar ‘Hoekom is die blindings afgetrek?’ So tussen ons geraas op die klavier deur sê sy: “Ek hoor iemand toet!”

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

8 thoughts on “Toortsie se Voelgoedstorie nr 20 – Verrassing!

  1. Jy praat daar van Juniemaand en ons trek al amper weer daar….. sy is dan net nou die anderdag getroud. Moet net nie vir my sê die tyd het so vining aangestap nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!