Suiwel raak al hoe belangriker in my dieet

Alhoewel suiwel ‘n toelaatbare produk in die Hoë Vet Lae Koolhidraat dieet is, gaan daar tog baie keer waarskuwings op daarteen. Die rede is dat melk wel ook baie koolhidrate bevat, sê hulle.

Hierdie melkboer se kind was nog nooit ‘n goeie melkverbruiker nie, dís dalk hoekom ek nie die effek daarvan so agterkom nie. Ek was nog nooit lief daarvoor om ‘n glas melk te drink en dan so ‘n wit snorbaard te hê nie.

Terloops, iemand vertel my nou die dag dat daar bevind is dat melk, en nie water nie, die beste dorslesser is. Dit maak sin, ons gee mos nie vir babas water ook nie, hul drink slegs melk.

Ek gebruik baie suiwel. Kaas speel ‘n baie groot rol in my lewe, sommer gewone soetmelkkaas en ek is baie vol nonsens wie se kaas ek koop! Nie alle soetmelkkaas is lekker nie! Ons gebruik baie kaas. Daag daar skielik iemand op, sal kaas en salami meestal die maklikste uitweg wees. Kaas as ek skielik honger voel en net ‘n vinnige happie wil neem; kaas by baie van my kos.

Joghurt raak al hoe belangriker vir my. Dubbelroomjoghurt, let wel, en nie joghurt wat met suiker versoet is nie. Ek lees iewers dat die ou, gewilde bakkies versoete, laevet joghurt, eintlik net suiker is. Dit móét wees, want al die voedingswaarde is dan uit die joghurt gehaal en ‘n klomp suiker moes bykom vir smaak!

Elke oggend as ek wakker word, eet ek my bakkie gegeurde dubbelroomjoghurt wat met xylitol versoet is. Ek twyfel in my hart steeds oor xylitol, maar tans is dit vir my die beter keuse. Ek sien nogals dat daar deesdae weer volroomjoghurt ook beskikbaar is, maar dit word steeds met suiker versoet, so wees versigtig, dit klink soos brood wat aan beide kante gebotter is!

Toe ek nog plaasjapie was en in een dag al my dorpdinge moes doen (ek doen dit steeds so), was ek heeldag op die dorp, gejaag van punt A na B en as ek uiteindelik my laaste ding, naamlik kruideniersware, gaan koop het en uitgeput van die heeldag se gejaag in my kar klim, was ‘n bakkie dubbelroomjoghurt nét wat ek nodig het om genoeg krag bymekaar te maak vir die lang pad huis toe.

Soms maak ek sommer my eie bakkie joghurt met gewone dubbelroom joghurt en ‘n bietjie kakao en xylitol. Dis ook lekker.

Terloops, wie kan my leer om my eie joghurt te maak? Ahaaaa! Kyk bietjie hier!

Ek sal nie op ‘n suiwelvas gaan nie, maar, as jy vind dat suiwel vir jou ‘n probleem is, wees tog maar versigtig. Ek dink steeds die probleem lê net in glase vol melk.

Groete

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged . Bookmark the permalink.

13 Responses to Suiwel raak al hoe belangriker in my dieet

  1. dromer777 sê:

    Vrek ook oor suiwel. Sal graag die glase snormelk wou drink maar dan slaap en nie van erge sinus. Sal maar ook by die yoghurt en kaas bly. Dankie Toortsie

    Liked by 1 person

  2. Ai, jogurt sonder suiker is maar nie lekker nie, maar is ek ook besig om myself te leer dat suiker gif is. Ek bedoel – ek leer my brein dit. Kaas bly lekker, wens net hul wil iets doen omtrnet die pryse.

    Like

  3. Kaas vir hierdie halwe Kaaskop,asseblief!

    Liked by 1 person

  4. Ek hou van melk, kaas maar nie vreemde kase nie

    Like

  5. Cheddar is my gunsteling. Ek kan ook nie sonder suiwel nie. Drink ook nie sommer melk nie. Probeer bietjie heuning in die jogurt, dis hemels.

    Liked by 1 person

  6. Aspaai sê:

    Sopas vir jou op TV gesien. Knap gedaan. Sop het werklik lekker gelyk en ek dink boonop dit sal een van my gunstelinge wees!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s