Toortsie op tiewie

Die geheim is nou uit: Toortsie gaan TV toe.

Verlede jaar een of ander tyd het die TV-mense vir Seegogga gebel om iemand te soek en Seegogga is nie links nie, sy sê vir hulle, hier is ‘n Toortsie wat ‘n Bantingresepteboek uitgegee het. Seegogga vergeet skoon om vir hulle te vertel dat syself ‘n Overberg aktiwiteitsboekie uitgegee het jare gelede wat topverkoperstatus bereik het én dat sy ‘n seksboekie vir tieners geskryf het!

In elk geval, die TV kontak my en ewe braaf sê ek ‘ja’.

Verlede jaar in Augustus of September is die opname gemaak en ek het nie weer ‘n woord gehoor nie. Eintlik het ek so stilweg gehoop dat dit so saggies verby sou gaan.

Tot Vrydag.

Hier kom die boodskap: Woensdagaand half 8 word dit uitgesaai op Pasella, SABC 2.

Slaan my met ‘n veer om.

En sowaar, vandag kondig ons dominee dit sommer van die kansel af ook aan. Die dominee sê hul gaan wys hoe ‘n maer mens vet vleis eet.

Aarde sluk my in!

En heeldag loop ek en dink: Dís die verskil. ‘n Kopskuif van so min as moontlik voedingswaarde in kos, na kos met die hoogste moontlike voedingswaarde. Dis baie gesonder, meestal ook goedkoper as hierdie afgewaterde goed wat hul as kos probeer verkoop. Regte, egte kos. Boerekos.

Hier is die voorskou: https://m.youtube.com/watch?v=2aRuQ-qs6GE

Haal diepppp asem, Toortsie! Diepppp.

Groetnis,

Maar net ek!

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Nie meer ‘n slaaf van vrees nie. 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

32 thoughts on “Toortsie op tiewie

  1. Baie Geluk! Jy verdien dit op al jou blogs kan mens duidelik sien hoeveel inspanning, moeite tyd en deursettingsvermoë geneem het om ten einde nou belonon te word. Trots op jou!!

    Liked by 1 person

  2. Dis so übercool Toortsie! 😀
    Ek gaan my rooi wekkertjie in ‘n koekblik sit môre! (My selfoon is amper permanent op ‘silent’ en ek vergeet dit daar tot groot onsteltenis van nie allerliefstes) .
    Ek gaan hom vir 7 uur stel, sodat ek ‘n koppie koffie en ‘n peanutbotter broodjie (ja,ja…toemaar, dis ‘n cloud broodjie 😉 ) kan maak en dan gaan ek jou net daar inwag op my couch 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!