Is dit nodig dat ek aan een of ander organisasie behoort?

Skerpioentrapper skryf ‘n baie insiggewende stuk oor of dit nodig is om onder die sambreel van een of ander organisasie te werk. Sy gee ook uitstekende raad aan organisasies.

Sendingorganisasies, uitreikorganisasies, kerke, wat nog alles, doen wonderlike werk en daar is beslis ‘n baie groot en duidelike plek vir hulle in die wêreld. Danksy hulle word mense wêreldwyd bereik wat andersins nooit bereik sou word nie. Danksy hulle ondersteuning kan mense uitgestuur word wat andersins dalk nooit deel van ‘n uitreik kon word nie.

Maar, soos sy ook noem, is daar maar ook by organisasies beperkinge. Ter wille van orde is daar gewoonlik ‘n raamwerk of voorskrifte waarbinne die organisasie funksioneer.

Ek glo dit is goed om by organisasies aan te sluit, omdat soveel belangrike dinge gewoonlik alreeds in plek is en daar onnodige kostes en oorvleueling daardeur vermy kan word.

Maar daar is ook ‘n maar betrokke.

God rus ons, die oomblik as ons Sy kind word, toe om Sy werk te doen. Deur bybelstudie, gemeenskap met gelowiges, kursusse, kerkbywoning, word ons nog méér toerusting in die hand gestop.

Soms verhoed ons persoonlikheid of geografiese ligging of ons werk of die manier wat ons ons tyd gebruik ons om regtig effektief by so ‘n organisasie in te skakel. Dít moet egter nie vir ons ‘n verskoning raak om niks vir die Koninkryk te doen nie.

In ons uniekheid kan ons God op ons unieke manier dien, Sy Goeie Boodskap verkondig en op plekke uitkom waar dit dalk weer vir georganiseerde uitreike moeilik is om uit te kom.

Die oes is groot, die arbeiders min. Mag ons onsself oopstel om in diens van God te staan. Mag ons ons skaamheid in die sak steek en daardie eerste tree gee en mag ons sendingorganisasies finansieël ondersteun sodat hul kan voortgaan met hulle massiewe taak.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Nie meer ‘n slaaf van vrees nie. 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap and tagged . Bookmark the permalink.

5 Responses to Is dit nodig dat ek aan een of ander organisasie behoort?

  1. travel460 sê:

    Amen daarop Toortsie.

    Like

  2. AWETHENTIQ sê:

    Ons het jare lank sendingwerk gedoen en het min of meer sonder uitsondering gesien dat organisasies die werk meer kwaad doen as goed; ook wanneer ons betrokke was by welsysnswerk. Oor sendingwerk: meeste het baie kennis oor Paulus maar soveel sendelingorganisasies het ons summier verban omdat ons Jesus (wat God is) se woorde aangehaal het. Volgens hulle was dit kettery. Organisasies verval in hulle eie kultuur en raak eksklusiewe klubs wat later koers en fokus verloor. Dan het ons ook gesien hoedat hulle miljoene Rand die land uitneem om ander te gaan bereik terwyl mense letterlik (soos in letterlik) reg by hulle voordeur krepeer van die ellende. Het Jesus aan ‘n organisasie behoort? Sy dissiples? Nee, in daardie dae was daar nie kworums en konstitusies en uitmergelende ledevergaderings nie.

    Maar, soos wat Plato tereg aangevoer het 300 jaar voor Jesus as mens gebore is, sal diegene wat die waarheid praat, doodgemaak word. Ja, hoe reg was hy nie! Ek het oor meer as dertig jaar ondervind dat ek op my beste funksioneer op my eie – wat beteken het dat daar geen befondsing of logisteke hulp was nie; tog het ons mense bereik wat ander nooit sou kon regkry nie. Ons het nie ‘n “hit and run” benadering soos die organisasies nie; ons is ingestuur sonder reissak en beurs, maar kon penetreer waar die straatwerksendlinge nooit kon nie. Ons dra nie kleredrag wat uitstaan soos ‘n seer oog nie en betrek ook nie mense van drie kante af soos die georganiseerde sendelinge dit doen nie. Nee, ons lyk soos die ander, kom tussen hulle in, woon tussen hulle, maak vriende en bereik mense op daardie manier. op hierdie wyse het ons op een stadium meer as ‘n honderd jongmense gehad wat ons aangespreek het as “Pa en Ma.” Omdat ons kon beweeg soos en waar Sy Gees ons lei, was ons bediening baie suksevol op ‘n 1:1 basis.

    So ‘n jaar gelede baie teenspoed gehad met ‘n groot sendingorganisie; mense kom van oraloor die aarde om by hulle aan te sluit maar bitter min van hulle het werklike kennis gehad van die Jesus wat hulle kammakastig verkondig. Natuurlik is ek en my vrou baie vinning gebrandmerk omdat ons nie in hulle matriks inpas nie. Hulle was baie kwaad toe ek daarop gewys het dat dit nie Paulus was nie, maar Jesus, wie aan die kruis gesterf en toe weer opgestaan het, maar hulle was salig onbewus van Jesus se uitlatings teryl hulle Paulus met gemak kon aanhaal.

    Smoorkwaad omdat ek Jesus aangehaal het toe Hy gese het dat Hy in raaisels praat sodat sommige nie die boodskap snap, tot berou kom en Hy hulle daarom sou moes vergewe nie. Ja! Dit staan in die Bybel, maar het ons dit al ooit van ‘n kansel af gehoor? Ek het nog nooit en elke domine of pastoor wou my kop afbyt daaroor. So is hulle gebreinspoel deur hulle onderskeie organisaises dat hulle nie raaklees wat swart op wit geskryf staan nie; daarom word ‘n pasgemaakte evangelie verkondig.

    Ons het ook byvoorbeeld klere vir kinderhuiskinders gekoop, net om met skok uit te vind dat die personeel dit by hulle afgevat en aan ander gegee het! Nee wat, ons het lankal geleer om weg te bly uit organisasies wat hulle eie agenda het en nie noodwenid Syne nie.

    Like

    • Toortsie sê:

      Ek is darem nie teen organisasies nie. Ons Bredasdorp se sending doen uitstekende werk op ons dorp en ook ver.

      Liked by 1 person

      • AWETHENTIQ sê:

        Ek ook nie, sien hulle net vasval in rompslomp. Een mens stap makliker in los sand as ‘n swaargelaaide vragmotor. Ek is ‘n “fixer” wat net beter funksioneer as ‘n komitee. Kyk bv hoe benard is Kaapstad se drinkwater. Die komitee gesels oor grandiose toekomsplanne maar niemand neem leiding en stel Vlak Vier waterbeperkings in nie. Net so ry mense jaarliks poedelnakend fiets deur ons strate, weereens komiteebesluite in ‘n lomp organisasie. Organisasies werk net regtig as daar sterk leiers met visie en dryfkrag is. Mense is deesdae liewer politiek korrek as om effektief te wees. In sommige gemeenskappe is dit gelukkig nog nie so erg nie.

        Like

  3. Amen vir jou oorspronklike blog – hang af van konteks en wil van die Here

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s