SA Storiesblog uitdaging 7

Die uitdaging lui dat jy ‘n resep moet plaas wat jy by jou ouma gekry het en die storie rondom dit vertel.

Ek was van die jongste van my ouma se kleinkinders, so ek was nog in die laerskool toe sy al ouetehuis toe is. Daarom gaan ek eerder vertel hoe my ma lewer gaargemaak het.

My ma het fantasties gekook en natuurlik saam met haar, Sara, haar regterhand. Ek sou wat wou gee om soos hulle kos te maak, maar ek is sommer net te lui!

Dieselfde dag wat ‘n skaap geslag is, is die lewer gaargemaak. Lewer moes vars wees, nie twee dae oud, of uit die vrieskas gehaal nie. Saam met die lewer is die niertjies natuurlik ook gaargemaak. Ek is absoluut mal oor lewer en niertjies!

Die lewer se vel word afgetrek en in blokke gesny, terwyl die groot are verwyder word. Die niertjies word middeldeur gesny, die vel en buise verwyder.

Dan word die stukke lewer en niertjies op ‘n houtbord geplaas en met ‘n vleishamer effens gekap.

Strooi sout en peper oor en braai in botter.

Daar word ook uie in ringe gesny en in botter gebraai en sampioene in botter gebraai met Aromat oor word as bykosse bedien.

My ma het ook ‘n blikkie soetmielies saam bedien. Hierdie Banter het die mielies met die sampioene vervang.

Die toppunt van dit alles is natuurlik die lekker saameet om die kombuistafel.

Pure plaas!

Groetnis

Toortsie

Nagedagte: Ek hoor op RSG dat die Kapenaars tradisioneel kos eenvoudig bedien, sodat jy elkeen se ware geur kan proe. Ek dink nogals dis waar!

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Nie meer ‘n slaaf van vrees nie. 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged . Bookmark the permalink.

9 Responses to SA Storiesblog uitdaging 7

  1. seegogga sê:

    My pa, n Swellendammer, het niks gehou van goedd soos mayonaise en saam met sy kos nie, want dan proe jy nie die kos ni. Ek is dieselfde. Ek hoy van mayonaise maar moenue vie my hoender en maynaise gee ni. Wil liewers die heerlike hoender skoon proe! Moet n mens die storieblog met resep erens gaan post?

    Liked by 1 person

  2. Toortsie sê:

    My asrde, die skakel is weg! Ek sit dit gou weer op.

    Like

  3. Kameel sê:

    Hoe lus kry ek nou vir my ma se lewergereg!!! As jy eers by haar lewer geeët het eet jy nêrens anders lewer nie. En dit was nie net ek wat so gesê het nie.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Was dit ‘n soetsuur lewer?

      Like

      • Kameel sê:

        Nee, partykeer het sy dit in stukke gaargemaak soos steak en ander kere weer fyn gesny in ‘n sous. Maak nie saak hoe nie, die lewer was sag en heerlik. Mense het haar vooraf gevra om lewer gaar te maak wanneer hulle kom kuier. Liewe, soos ek nou hier sit en tik water my mond. Sy het ons probeer leer om dit te doen maar sy het ‘n touch gehad wat by ons dogters ontbreek het.

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s