Só kry ek toe ‘n glimlag op my gesig

Ons was vandag in ‘n ander dorp in die kerk. Baie mooi geleentheid.

Ná die kerk staan ek in daardie ry waar die dames tog te graag saamdrom. ‘n Dogtertjie kom staan langs my.

‘Hello’, sê ek vir haar. Sy ignoreer my.

‘Is jy ses?’, vra ek.

Die koppie knik.

‘Is jy in graad een?’

Koppie knik.

‘Hóé weet jy?’, kom die teenvraag.

Ek vind uit in watter skool sy is en met ‘n geraai wat haar naam is, wat ek natuurlik binne minute weer vergeet het.

Haar mamma roep haar, dis háár beurt om die privaatheid te geniet.

En híér kom die mooi deel: Sy kom uit, reguit na my en gee my die héérlikste drukkie. ❤️

En sonder dat sy dit besef het, gee sy toe vir tannie Toorts ‘n hupstootjie wat haar sommer die res van die dag oor ‘n hekkie of twee gehelp het.

Tatta, dierbare ding!

Toortsie

Ek het tog ‘n nuwe maatjie! 😁 Wat is haar naam nou weer? 🤐

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Nie meer ‘n slaaf van vrees nie. 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

15 Responses to Só kry ek toe ‘n glimlag op my gesig

  1. dromer777 sê:

    Agge moedertjie ‘newermaaind’ die naam

    Like

  2. travel460 sê:

    Dit is so dierbaar! Daar het jy sommer jou huppel vir die dag bygekry.🌹

    Like

  3. Dierbaar, Toortsie!

    Like

  4. BB sê:

    Haar naam is dan mos Didi. Dierbare Ding 😉
    (Gepraat van – onthou jy die nommerplaat stelsel wat ons desjare gebruik het om grapwoorde en sinne mee op te maak op die langpad na ‘n vakansie? Ek gebruik amper dieselfde prinsiep steeds vir dinge en mense wat ek in my onthoukissie moet bêre (wat ook nie meer té vars is na al die somers – gewoonlik met ‘n kleur en geur daarby). Troetelname is vir my ‘n heerlikheid wat verhoudings en konneksies soos die een hierbo net daai bietjie meer spesiaal maak.

    Like

  5. Kinders kan mens soms aangenaam verras!

    Like

  6. seegogga sê:

    Klein kindertjies: baie plesier!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s