Toortsie se goedvoelstorie nr 19 – Wanneer God Homself herhaal

Soos verskyn by Finesse se voelgoedblogs, iewers verlede jaar.

Wanneer God Homself herhaal

God herhaal Homself nooit sonder ‘n rede nie. Wanneer Hy Homself herhaal, wil Hy graag hê dat ek of jy wat die boodskap hoor, moet hóór wat Hy vir jou wil sê.

Maar hóé kan ek weet dat dit ‘n boodskap van God vir mý is? Is ek nie voorbarig om te sê dat God vir mý ‘n boodskap gegee het nie? Werk God regtig só?

O ja, Hy doen! En as jy jou ore vir Hom oopstel, sal jy al hoe meer sien en hoor hoe Hy spesiaal vir jou ‘n boodskap gee, ‘n boodskap wat Hy nie noodwendig vir iemand anders gee nie.

Gebeur dit soms dat jy uit die kerk stap en iets van die boodskap bly jou by? En ‘toevallig’ hoor jy ‘n soortgelyke boodskap sommer kort daar na uit ‘n heel ander oord, dalk op die radio, en die volgende lees jy dit dalk op Faceboek raak, of iemand stuur vir jou ‘n Whatsapp boodskap, of jy maak jou Bybel oop, sonder dat jy dit soek, en hier staan dit lewensgroot vir jou om te lees? Jy kry die boodskap in gesprekke met vriende, in jou stiltetyd, op elke moontlike en vreemde manier?

Ek glo dit het al met jou gebeur en dat jy dan eintlik verstom staan, want hóé is dit moontlik dat dieselfde ding op almal se lippe en brein is?

Begin dan en luister wat die boodskap inhou, wát sê dit, wat sê dit vir jóú? Maak dit sin? Kan jy dit na iets in jou eie lewe deurtrek? En as dit vir jou begin sin maak, wéét dan dat dit ‘n spesiale boodskap van God af was, net vir jou!  Neem die boodskap ernstig op en begin leef dit, en weet, dis lewensveranderend.

Hoe meer ons God erken, hoe meer sal ons Hom herken.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Nie meer ‘n slaaf van vrees nie. 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

9 thoughts on “Toortsie se goedvoelstorie nr 19 – Wanneer God Homself herhaal

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s