Help! Mense sukkel om by my kommentaar te lewer.

Dis nogals iets wat ek gereeld hoor, dat ‘nie-Wordpressers’ sukkel om by WordPress blogs kommentaar te lewer. Jy moet eers ingeskryf wees by WordPress.

Julle weet mos dat elke eienaar self bepaal hoe die kommentaar mag gebeur? Dit werk só:

In jou beheerpaneel, kies jy ‘instellings’, en dan ‘praatjie’. (Genade! Hulle verander hierdie woord gereeld, soms is dit ‘bespreking’.

Daar kliek jy dan dit soos jy dit wil hê. Indien jy wil hê dat slegs WordPressers kommentaar mag lewer, kliek jy die blokkie by ‘Gebruikers moet geregistreer en aangeteken wees om kommentaar te lewer.’  Sou jy egter wou hê dat enige persoon kan kommentaar lewer, selfs al is hy nie ingeteken nie, hou dan daardie blokkie leeg.

Jy kan ook kies of jy eers die kommentare wil goedkeur of nie.

Dit verskil van blogeienaar tot blogeienaar. Ekself het alle beperkings afgeskakel, dit is net baie meer gebruikersvriendelik. Dit beteken dat enige persoon enige tyd kan kommentaar lewer. Daar is natuurlik gevaar aan, trolle skuil waar jy dit nooit sou verwag nie! Gelukkig het WordPress ook daardie voordeel aan die blogeienaar gegee, dat hy enige onwelkome kommentaar kan afvee as hy sou wou, of trolle as ‘spam’ merk, tot beskerming van almal.

The wonderful thing is that you may control your own blog. You are allowed to be in charge of your iwn blog. 

En terloops, ons bloggers hou daarvan as mense saamgesels, so, moenie skaam wees nie, Gesels lekker saam, sonder om afbrekend te wees.

Ag, en dan is die ‘tag’ nog altyd vir sommige mense ‘n vreemdheid. As jy van iemand praat of na sy bloginskrywing verwys, móét jy hom laat weet, dis immers net goeie maniere. As jy egter die blog self tag, kry die persoon nie die kennisgewing nie. Dis altyd beter om die bloginskrywing self te tag. So, hoe maak jy? Vir diegene wat nog nie weet nie.

Sê nou jy verwys na my, Toortsie, se blog van vandag, dan maak jy hierdie blog oop. Kliek op die blogadres (https://toortsie.com). Kleur dit in, regskliek, copy. Dan, in jou blog waar jy Toortsie tik, kleur jy Toortsie in, regskliek daarop en paste. Hoe moeilik kan dit nou wees? Dan kry Toortsie ‘n kennisgewing van WordPress af dat jy van my gepraat het.

Die belangrikste van alles: Geniet elke oomblik! Blogging is HEERLIK. Dis ontspannend, opbouend. Dit ontwikkel jou skryfvaardighede en jou menswees.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging and tagged , , . Bookmark the permalink.

15 Responses to Help! Mense sukkel om by my kommentaar te lewer.

  1. travel460 sê:

    Dankie vir al die inligting. Ek het dadelik ñ paar goed gaan verander.

    Liked by 1 person

  2. ekmyselff sê:

    Iets is erens verkeer as ek ingaan op wat jy se (https://….). kom ek NIE by jou blog uit nie, dit se die blad bestaan nie. So ek kan jou ook nie “tag” nie. Al se jy dit is maklik kan ek dit nie doen nie

    Like

  3. ekmyselff sê:

    Nee ek gaan nie stress nie, want DUIDELIK kry jy wel my kommentaar – 🙂

    Like

  4. Dankie dit was nou baie behulpsaam.

    Liked by 1 person

  5. Ek kon nou sopas nie by skeletor like of comment nie?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s