Saterdag se dinge

Saterdag vang my toe met ‘n slap riem. Vrydagaand het ek vreeslik planne vir die Saterdag gehad, ek sou vroegoggend na ‘n begrafnis gaan en die res van die dag kuier. Orals in die dorp kuier.

Maar Saterdagoggend vang my toe met ‘n slap riem. Ek kan nou nog nie ‘n benaming daarvoor gee nie. By die begrafnis kom ek by dooiemansdeur, geen mens in sig nie.

Terug by die huis voel ek vasgevang. Ek moet iewers heen, maar weet nie waarheen nie, hierdie is my huis en dis nie of ek wil loop toer nie. Ek huil, want ek verlang na my kinders en my dogter is nou getroud en sy gaan nie meer dae kom omlê voor die TV nie. Sy het ook nie meer ‘n ‘huis’ om na toe te kom nie, haar ‘huis’ is verkoop en hier kuier sy net en ek sien my kleinkinders hopeloos te min en ons pendel so baie, ek het nog nie kans gekry om wortel te skiet hier nie en eintlik, as ek hier kom, is dit net wasgoed was en weer regmaak vir die volgende pendel of rondrits. En ek voel vasgevang in my seer lyf en my rug waarvan ek nie die spasma kan afkry nie en eintlik voel ek vasgevang tussen my honde. Ja, my honde. Ek het altyd gesê ek moet net een hond hê, nou het ek nog ‘n klein hondjie wat orals plas en poef en ek kan nie eers kaalvoet loop in my eie huis nie en as ons nou iewers heen wil gaan is dit elke keer ‘n probleem, wat van die honde? Dan is die groot hond ook nog al tussenin.  En ek kan nie ver loop stap nie, want kleinhondjie stap nog nie lekker nie, dis net ‘n gesukkel en ek verlang na mense en kan aan nie een iemand in die hele dorp dink waar ek kan gaan kuier nie bla bla bla. En eintlik is die waarheid, ek verlang huis toe. Ek het nou lank genoeg rondgedwaal, dis tyd vir huis toe gaan. Maar huis is HIER. Net hier. Dis hier waar ek moet rustig raak.

Ek besef ek moet by die Here uitkom en hou lank stiltetyd met my selfoon langs my, dit moet ek stop. Ek moet my foon op silent sit en hom iewers ver in ‘n laai druk solank ek stiltetyd hou.

Laatmiddag gaan stap ons drietjies en die Here sit mense op my pad met wie ek lank gesels. Die honde stap ook al beter saam. Ek besef Ursula is ook iets van die verlede.

Nog tranerig, maar rustig gaan ek slaap en onthou dat ek mos by die oumas wou gaan kuier het en die een vriendin na die ander se gesiggies kom by my op. Hier is ‘n dorp vol pelle, waaroor het ek eintlik gegrens?

Gelukkig was dit Saterdag se nonsens, alles is weer dooddollies. Sondagoggend preek Ds Corney my amper in ‘n nuwe tranedal in, so mooi is dit. Ons gaan kuier by die bure en my kind kom eet saam met ons middagete. Middagslapie soos ek altyd op die plaas gehad het. Die honde kyk vir my met liefdevolle, opvreetbare gesiggies en lê doodstil op hul kombers en die noi is rustig, waaroor was al die trane?

Genade! Toortsie!? Klink my net na ipikonders, as jy my vra! Hoe spel ‘n mens daai iepiekonderswoord? H’m?

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Dorpslewe, soos gesien deur 'n plaasjapie and tagged . Bookmark the permalink.

27 Responses to Saterdag se dinge

  1. dromer777 sê:

    Ai Toortsie ek kry ook soms so tjankiesrige dag. Ek glo mens het dit nodig om al die stressies wat ophoop te verwerk. Bly jy voel beter. Sou jou graag Saterdag wou “stick” vir cappuccino en wortelkoek! …hehe banting koek natuurlik

    Liked by 2 people

  2. seegogga sê:

    Ai, Toorts, toe kry jy die Sondagblues in ooemaat op Saterdag? En dalk ly jy bietjie aan ciltureshock ook? Jy het GROOT veranderinge in n klein tydjie beleef. Gun jouself tyd. Een vd dae is jy weer positiewe Toortsie.

    Liked by 2 people

  3. Ek is bly jy het darem nou weer die hêppiekonders. Na so ‘n “af” dag waardeer ‘n mens weer die lewe.

    Liked by 1 person

  4. the Author sê:

    LOL, Bly dit gaan al beter!

    Liked by 1 person

  5. Kameel sê:

    As jy nie ‘n afdag kry nie sou ek wonder of jy werklik mens of robot is. Bly jy voel beter 🙂

    Liked by 1 person

  6. Ons almal kry daai blues, dis nodig om maar n traan of tien te stort. Dit was skoon. Daai twee honne kinners is opvreetbaar pragtig.

    Liked by 1 person

  7. travel460 sê:

    Ek dink ek voel al ń paar dae soos jy op Saterdag. Myne hou langer, selfs my blok is vandag oor slegte dinge. Gelukkig kan ons net vra vir ‘joy’, ons Here wil dit altyd mildelik oor ons uitstort.

    Like

  8. Toortsie sê:

    Gelukkig verander ‘n nr 7 se gemoed mos vinnig. Blykbaar ‘n profeet s’n ook! 😁

    Like

  9. *drukkie* ❤ Moenie alleen voel nie soms huil ek oor goed wat glad nie gebeur het nie!

    Liked by 1 person

  10. Mens kry sulke dae…jy het getrek,jou kinders is weg,die lewe waaraan jy gewoond was het verander…skielik vang dit jou.Ek is bly dit gaan beter.

    Liked by 1 person

  11. En ek is mal oor honde… ek sê net vir die kinders hulle moet asb mooi kyk as ek dalk na die beter plek gaan. Gelukkig is my dogter dr Veearts sy sal weet wat om te doen xx

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s