‘n Lieflike geur

Fil 4:18: ‘Julle gawe is voor God ‘n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. ‘

Wanneer ons die boodskap van God vir ander uitdra en hulle die Goeie Nuus hoor, is dit soos wanneer ‘n mens parfuum spuit, dis ‘n lieflike geur wat versprei. Enige iets wat ons doen tot opbou van die Koninkryk, elke gawe, elke goeie daad, versprei die geur.

Die lieflike geur wat die oorwinning in Christus bring, het ook ‘n teenoorgestelde kant: die doodsreuk wat die dood bring.

In 2 Kor 2 word geskryf dat as ons die kennis van Christus versprei, dit soos wierook is wat gebrand word en ‘n aangename geur versprei vir almal wat gered word.

Ons kan nie dié nuus net vir onsself hou nie, ons kan nie net sit en ontvang en dit nooit oorgee vir ‘n volgende persoon nie, dan is ons soos die Dooie See wat net ontvang en ontvang en al hoe souter word en niks kan daar lewe nie. Nee, dit was ‘n opdrag van Jesus dat ons dit moet uitdra, gaan vertel, en dan word ons verspreiders van ‘n lieflike geur.

Juis daarom is dit ook belangrik dat ons sendelinge en uitreikaksies moet ondersteun, plaaslik sowel as internasionaal. Die oes is groot, die arbeiders min en al manier wat mense van God kan hoor, is as iemand vir hulle dit vertel. God verwag dit van ons.

So, my uitdaging aan my en jou is, kom ons begin dink hoe onsself botteltjies parfuum kan word wat die Goeie Nuus van Jesus kan versprei.

Telling people about Jesus is like spraying perfume with a wonderful scent. 

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

7 thoughts on “‘n Lieflike geur

Gesels saam, asseblief!