Blog op steroïedes?

Hier by my blog is sedert gister iets totaal vreemds aan die gang.

Die aantal klieke per dag is gewoonlik so 180 tot 200, en ek hou dit nie eintlik dop nie. Skielik, gister, begin WordPress vir my boodskappe stuur. Your stats are booming! 

Your blog, Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog, appears to be getting more traffic than usual! 127 hourly views – 6 hourly views on average.

Wel, wel , wel, ek begin dit toe dophou en die tellertjie hardloop en hardloop.

Gewoonlik as daar ‘n uitskieterdag is, kan ek presies sê wat dit veroorsaak, maar hierdie ‘stormloop’ kan ek glad nie verstaan nie. Daar is nie ‘n spesifieke bloginskrywing wat skielik ‘n klomp aandag kry nie, al wat die stats sê is dat dit die tuisblad is en so hier en daar ‘n bloginskrywing. Facebook het die meerderheid klieke veroorsaak, en ek sien nie dat dit vreeslik baie op facebook gedeel is nie.

Daar is ook nie juis meer kommentare of ‘hou vans’ nie. Vreemd.

Dit raak vir my skielik ongeloofwaardig. Ek wonder sommer net, is WordPress se tellertjie nie deurmekaar nie? Het julle by julle ook iets agtergekom? Hardloop julle tellertjie ook so?

Wel, hy hardloop steeds en gister was hier, volgens WordPress, 813 klieke. Die vorige rekord was 604 op een dag, en dit was in April 2016. Daardie keer kon ek sê wat die rede was, hierdie keer is dit duister. 

Ek bly dink die tellertjie het iets oorgekom, dalk hou hy langnaweek en het ‘n doppie in? Hoe sal mens nou weet? Of is dit dalk een of twee mense wat die hele blog van A tot Z lees om hul besig te hou op die langnaweek?

Terwyl ek nou wonder, wat het geword van die mees gewilde blogs en mees gewilde bloginskrywings? Is dit net by my wat dit weg is? Waar sien julle nuwe blogs?

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

41 thoughts on “Blog op steroïedes?

  1. Jy praat nou van roering hier op WordPress! Ek het skielik kommentare en klieks op my Scrapydodog blog wat ek seker meer as n jaar laas rerig gebruik het. Dit is ook vreemde inskrywings wat sommer getalle tussenin het en ook niks te doen het met die pos nie(ek het dit summier as spam uitgevee) Ek moet Trompie se blog nog moderreer dis hoekom ek kennisgewing kry.

    Like

    1. In jou jnstrumentepaneel. Dis sulke stafies. As ek dit vergelyk met ons koeilesings, is daar iewers ‘n fout by ‘n lesing! So ‘n uitskieter.
      Maar ek het nou besluit, dis rêrog. Hoekom dan nie? Ry die golf solank hy daar is, selfs al is dit net een dag. 😁

      Liked by 1 person

  2. Ek het jou nie laat weet nie, maar ek het jou blog op my FB gesirkuleer, ook op Twitter – en my goed word herhaal deur vyf groot korporatiewe sosiale mediarekeninge, almal in die toersimebedryf. Dit het ek gedoen nadat ek mense van jou leefstyl en boeke vertel het terwyl ons baie lekker (weereens) op die luukse PremierClasse trein gereis het. Ek kry gewoonlik baie goeie reaksie daarop.

    Liked by 1 person

      1. Ons het op Klerksdorp ‘n reeks kort radiopraatjies gaan opneem. Na laasjaar se twee ligte beroertes bietjie gesukkel om te praat maar dis darem gedoen. Quinten Pendle, begaafde blinde musikant en musiekprodusent het dit vir my gedoen en dit ook laat uitsaai op PerronFM 96.1 http://www.perronfm.co.za asook op http://www.hoza.co.za

        Ek bevorder jou boeke wyd en syd omdat mense daardie kennis nodig het om gesond te lewe. In twee dae se tyd vyf mense ontmoet wat Tipe 2 Diabetes opgedoen het agv verkeerd eet. Dis regtig hoe ek diabeties geraak het. Siende dat jy reeds die antwoord daarop gepubliseer het, is dit mos net die regte ding om te doen.

        Like

  3. By my is daar ook skielik ‘n klomp kommentare waar mense met mekaar praat,asof dit bedoel was vir ‘n ander blog.Dan is daar ook skielik mense wat onnosel aanmerkings maak en spelfoute daarby.Dis baie verdag…ek het alles gespam!

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!