Hier by my blog is sedert gister iets totaal vreemds aan die gang.
Die aantal klieke per dag is gewoonlik so 180 tot 200, en ek hou dit nie eintlik dop nie. Skielik, gister, begin WordPress vir my boodskappe stuur. Your stats are booming!
Your blog, Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog, appears to be getting more traffic than usual! 127 hourly views – 6 hourly views on average.
Wel, wel , wel, ek begin dit toe dophou en die tellertjie hardloop en hardloop.
Gewoonlik as daar ‘n uitskieterdag is, kan ek presies sê wat dit veroorsaak, maar hierdie ‘stormloop’ kan ek glad nie verstaan nie. Daar is nie ‘n spesifieke bloginskrywing wat skielik ‘n klomp aandag kry nie, al wat die stats sê is dat dit die tuisblad is en so hier en daar ‘n bloginskrywing. Facebook het die meerderheid klieke veroorsaak, en ek sien nie dat dit vreeslik baie op facebook gedeel is nie.
Daar is ook nie juis meer kommentare of ‘hou vans’ nie. Vreemd.
Dit raak vir my skielik ongeloofwaardig. Ek wonder sommer net, is WordPress se tellertjie nie deurmekaar nie? Het julle by julle ook iets agtergekom? Hardloop julle tellertjie ook so?
Wel, hy hardloop steeds en gister was hier, volgens WordPress, 813 klieke. Die vorige rekord was 604 op een dag, en dit was in April 2016. Daardie keer kon ek sê wat die rede was, hierdie keer is dit duister.
Ek bly dink die tellertjie het iets oorgekom, dalk hou hy langnaweek en het ‘n doppie in? Hoe sal mens nou weet? Of is dit dalk een of twee mense wat die hele blog van A tot Z lees om hul besig te hou op die langnaweek?
Terwyl ek nou wonder, wat het geword van die mees gewilde blogs en mees gewilde bloginskrywings? Is dit net by my wat dit weg is? Waar sien julle nuwe blogs?
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Om te pendel saam met jou man
Toortsie by Pinterest
Ek sien ook nie meer daardie lysie nie.
LikeLike
Jy praat nou van roering hier op WordPress! Ek het skielik kommentare en klieks op my Scrapydodog blog wat ek seker meer as n jaar laas rerig gebruik het. Dit is ook vreemde inskrywings wat sommer getalle tussenin het en ook niks te doen het met die pos nie(ek het dit summier as spam uitgevee) Ek moet Trompie se blog nog moderreer dis hoekom ek kennisgewing kry.
LikeLike
Behoorlik vreemd!
LikeLike
Stem saam en nou toe jy noem van die likes wat so voortrol klink dit rerig verdag.
LikeLike
Nee, die likes is nie so baie nie, net die klieke.
LikeLike
I see! Dan is dit die klieker wat gebreek het!
LikeLiked by 1 person
Ek wonder of dit nie iemand is wat dalk bloginskrywing vir bloginskrywing lees en dit dalk share op fb nie? Ek sal seker nooit weet nie.
LikeLike
Mmm kan wees.
LikeLike
Klink soos die WordPress spook!
LikeLike
Ha ha, ons sal hom maar bietjie moet uitrook. Of wat maak mens met spoke?
LikeLike
Dit gang af of dit goeie spoke is of nie. Die spook in my vorige huis het haar goed gedra.
LikeLike
Gelukig het ek nog nie ondevinding van spoke gehad nie.
LikeLiked by 1 person
Klink opwindend. Iewers broei iets 🙂
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Dit lyk darem meer normaal vandag. Natuurlik is ek bly oor die meer klieke, dit was net baie vreemd.
LikeLike
Ek weet nie eers waar jy die klieke sien nie, maar dit klink heel opwindend 😊
LikeLiked by 1 person
In jou jnstrumentepaneel. Dis sulke stafies. As ek dit vergelyk met ons koeilesings, is daar iewers ‘n fout by ‘n lesing! So ‘n uitskieter.
Maar ek het nou besluit, dis rêrog. Hoekom dan nie? Ry die golf solank hy daar is, selfs al is dit net een dag. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek het jou nie laat weet nie, maar ek het jou blog op my FB gesirkuleer, ook op Twitter – en my goed word herhaal deur vyf groot korporatiewe sosiale mediarekeninge, almal in die toersimebedryf. Dit het ek gedoen nadat ek mense van jou leefstyl en boeke vertel het terwyl ons baie lekker (weereens) op die luukse PremierClasse trein gereis het. Ek kry gewoonlik baie goeie reaksie daarop.
LikeLiked by 1 person
Regtig? Baie dankie!
En hoe is jy so gelukkig om al weer op die luukse trein te kon ry?
LikeLiked by 2 people
Nogmaals dankie
LikeLike
Ons het op Klerksdorp ‘n reeks kort radiopraatjies gaan opneem. Na laasjaar se twee ligte beroertes bietjie gesukkel om te praat maar dis darem gedoen. Quinten Pendle, begaafde blinde musikant en musiekprodusent het dit vir my gedoen en dit ook laat uitsaai op PerronFM 96.1 http://www.perronfm.co.za asook op http://www.hoza.co.za
Ek bevorder jou boeke wyd en syd omdat mense daardie kennis nodig het om gesond te lewe. In twee dae se tyd vyf mense ontmoet wat Tipe 2 Diabetes opgedoen het agv verkeerd eet. Dis regtig hoe ek diabeties geraak het. Siende dat jy reeds die antwoord daarop gepubliseer het, is dit mos net die regte ding om te doen.
LikeLike
Oulik! Dankie!
LikeLiked by 1 person
By my is daar ook skielik ‘n klomp kommentare waar mense met mekaar praat,asof dit bedoel was vir ‘n ander blog.Dan is daar ook skielik mense wat onnosel aanmerkings maak en spelfoute daarby.Dis baie verdag…ek het alles gespam!
LikeLiked by 2 people
Ek kry wel geen sulke vreemde kommentare nie.
LikeLiked by 1 person
Lyk my daar is soms vreemde goed wat gebeur😄
LikeLike
My kommetare het baie speelfoute moet asb nie spamm nie
LikeLiked by 1 person
Goet ek saal hele ni spaam ni😄
LikeLiked by 1 person
Dink dis die steroids wat hier asn die werk is.
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Nooit as te nimmer sal ek dit doen nie!
LikeLike
Dank het hulle opgradeer …
LikeLike
Eish… dalk
LikeLiked by 1 person
Dalk kry ek nou due eerste jeer ware syfers? 😱
LikeLike
You go girl!
LikeLiked by 1 person
My stats is normaal sien nie dit wat by jou gebeur nie. Moontlik is jou stat dan ook “normaal”
LikeLike
Ai dit sal darem lekker wees, wat ook al die rede us. 🙂
LikeLiked by 1 person
Toortsie? Wat verwag jy, dit is jou blog en jou blog word betas, beloer, belees ens… ek is nie verbaas nie!
LikeLiked by 1 person
Ag, dit was net ‘n vreemde stormloop op ‘n vreemde tyd! Ek dink steeds dis die Bokbaaivygie se storie, tog het min mense daarop gekliek.
LikeLiked by 1 person
Ek soek dit maar ek kry dit nie stuur die link van Bokbaaivygie se storie. Maar ek dink nogsteeds dit is jou hele blog.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Scroll bet effens af. It’s Time.
LikeLiked by 1 person
LikeLike