Knackered

Ek neem so by tye deel aan die ‘daily post’, om verskillende redes. Dis soms regtig ‘n uitdaging om oor ‘n sekere woord te skryf. Dit stimuleer my denke en daag my uit om buite die boks te dink.

Verder doen ek dit ook soms in die Rooi Taal, om selfsugtige redes, soos, dat ek daardeur ‘n bietjie vrymoedigheid met die Engels kry, al is dit ‘n baie basiese Engels wat ek skryf. Dit voel ook of ek daardeur in my menswees ontwikkel en kry ek dan ook te doen met Engelse blogs, iets wat ek voorheen nooit gelees het nie.

Aanvanklik sou ek oor die betrokke woord van die dag skryf. Iewers het ek raakgelees dat dit eintlik glad nie saakmaak nie, jy kan hulle steeds ‘tag’ selfs al het jy iets heeltemal anders geskryf. Die uitdaging is eintlik net: Skryf! Wat jy wil, wanneer jy wil. Skryf net! Waar jy wil, en mag ek iets fluister? Op hierdie oomblik sit ek in die ry in die bank en wag om gehelp te word.

Baie bloggers sal die betrokke woord net iewers in hul bloginskrywing gebruik, iets wat ek ook al hoe meer doen.

Vandag se uitdagingswoord is Knackered. Knackered? Nog nooit van gehoor nie! Google sê dis iets wat op, op, op is. Overly used. Vodde. Ja, ek ken soms ook daardie vodde gevoel en ek dink in ons land, met sy ‘knackered’ ekonomie, ken baie mense die gevoel. Op gewerk. Moedeloos.

Maar komaan, ons gaan mekaar nie nou moedeloos maak nie, ons gaan mekaar eerder moed inpraat. So, kom ons vergeet ‘n bietjie van ‘knackered’ wees en voel, kom ons kies om positief te wees en te voel en gryp die res van hierdie dag met albei hande en maak daarvan ‘n fees! Komaan! Hoe lyk dit?

Intussen, skryf! Dis een van die wonderlikste goed wat oor my pad gekom het, om te skryf!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging, Motivering en Bemoediging and tagged , . Bookmark the permalink.

12 Responses to Knackered

  1. Goed geskryf,Toortsie…nou het ek ook weer ‘n nuwe Engelse woord bygeleer!

    Like

  2. Kameel sê:

    Met ‘n Engelsman getroud en nog nooit daardie woord gehoor nie. Gaan dit êrens probeer gebruik en sien wat sê hy. Vandag kom kuier sy eks en haar man hier waar ons by die see kuier…. miskien voel ek vanaand “knackered.”

    Like

  3. seegogga sê:

    Maar d woord klink naie mooier met d k uitgespreek! Sonder d k klink hy glad nie so mooi krakerig en sterk nie- so dikkerig. Maar weereens in inspireer jy ou Toortsie. Ek moet begin skryf!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s