Paasnaweek was die eerste keer wat ek my nuwe, superbont vryheidsponcho kan aantrek, dit was lekker koud en die poncho is heerlik warm. Ek kom wel agter dat dit dalk nie warm genoeg sal wees buite in erg koue weer nie.
Paassondag gaan ons kerk toe, ek met my poncho en dit voel of ek op ‘n wolk loop, kleur doen dit mos vir my.
Die kerk is vol, maar ons kry ‘n plekkie.
Kort nadat ek gaan sit, hoor ek iemand agter my vir iemand anders sê: “Sien, dis hoekom ek altyd sê jy kan enige iets aantrek, jy moet dit net …” , die res kon ek nie hoor nie. Stilweg glimlag ek by myself. Verwys sy nou na my superbont poncho wat vir my so op die wolke laat loop? Oh well …
Dalk het sy nou nie eers van my poncho gepraat nie, dalk was hulle besig om iemand anders in die kerk kliphard te sit en bespreek.
Maar ek gee nie om nie! Soos sy sê, ‘n mens kan ENIGE IETS dra, jy moet dit net met gemak dra, en as jy nog lyk of jy op ‘n wolk loop daarmee, hoekom nie?
🙂
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Om te pendel saam met jou man
Toortsie by Pinterest
Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap
Ek stem saam. Ek kyk soms vir van ons Afrika vroue, en besef dat hulle mooi lyk in die onwaarskynlikste klere keuses, omdat hulle dit met soveel selfvertroue en “flair” dra.
LikeLike
En hulle straal soveel geluk uit. 🙂
LikeLiked by 1 person
Daar stem ek saam. Ek kyk na my hippie bont kenisse en vriendinne, hulle trek vreemdsoortige goed bymekaar aan en bo oor mekaar en lyk goed. Jou poncho is baie mooi.
LikeLike
Mens se persoonlikheid het ‘n groot invloedhueron
LikeLike
Dankie vir die mooi!
LikeLike
Lyk soos my Sus s’n
LikeLike
Hare is SOOO mooi!
LikeLiked by 1 person
Ek het mos weer beheer verloor met die kleure! Ek hét aanvanklik die regte aantal kleure wol gekoop, maar toe nog ontdek. Ai, jai, jai, en as ek vir myself die pinkie aanbied, gryp ek tot by die elmboog verby! 🙂
LikeLiked by 1 person
🙂 Klink bekend
LikeLike
Pragtige poncho!
LikeLike
Dankie! Dit maak die hippie in my wakker! Daai een wat nog geslaap het in die ou dae.
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Pragtig
LikeLiked by 1 person
As ek koud is is ek koud en as ek myslef moet kombers dan sal ek dit doen, ongeag. Ek hou v jou Poncho…
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLiked by 1 person
Regtig pragtig . Ek dreig nou al vandat jy die patroon se link opgesit het om een te maak.
LikeLike
Dit hekel regtig baie vinnig, mens gebruik chunky wol. Scrapydo het die regte wol vestel, ek dink dit gaan selfs nog vinniger. Elke vlok was 42 cm dink ek. O gits, ek sal dit eers weer moet meet.
LikeLike