Onrus

Saterdag het baie mense van ons land deelgeneem aan ‘n biddag vir ons land. Groot getalle mense het opgedaag by Bloemfontein, waar Angus Buchan die verrigtinge gelei het. Dit was egter nie al nie, orals in die land was daar gebedsbyeenkomste gehou, ook hier in die suide waar ek woon.

Die tema by ons gebedsgeleentheid was: ‘I’m no longer a slave of fear, I am a child of God.’ Ons sing uit ons hart uit, ons voel versterk. God is in beheer. Ek hoef nie bang te wees nie.

Gisteroggend kom die dringende versoek: Bid vir Lichtenburg. Gistermiddag laat, daar’s chaos in Coligni.

Ek besef skielik dat ek nog nie stiltetyd gehou het nie, my dag het anders verloop. In my bidboek bely ek dat dit so maklik is om saam te sing dat ek nie langer ‘n slaaf van vrees hoef te wees nie omdat ek Sy kind is, dat ek dit regtig glo, maar eintlik ís ek bang. Ek is bang vir die onrus in ons land, vir mense wat kop verloor en totaal buite beheer raak, ek is bang vir inbrekers. 

Skielik kom ek tot die besef: Satan hou nie van wat die naweek gebeur het nie; hy hou nie daarvan dat mense hulle tot gebed wend nie; hy hou nie van die ure wat mense in busse en motors gesit het oppad na Bloemfontein waar hulle mekaar bemoedig het en getuig het van hul geloof nie; hy hou nie daarvan dat mense se geloof en hoop in God versterk is nie. Iewers móét hy weer vrees en ongeloof saai.

God het ook vir my die besef gegee dat ons onmiddellik vir daardie mense moet bid: Hulle wat in gevaar verkeer omdat hulle sekerlik in ‘n angstoestand sal wees, maar ook vir die oproeriges, dat daar kalmte sal kom, dat ‘n leier sal opstaan wat die onrus kan ontlont.

Bid, presies wat Satan nie wil hê nie. Jare gelede het ek gelees dat hy nie omgee as ons kerk toe gaan of Bybel lees nie, hy wil net nie hê dat ons sal bid nie. Gebed verander sake. 

Toe ek my Bybel oopmaak, is dit by Rom 8: Niemand sal ons uit Sy hand ruk nie. Die boekmerk lê by Ps 20. Gaan lees dit gerus. Die Here sal die oorwinning gee.

Francois Mostert bevestig dat Satan reeds oorwin is, ons kies of ons gaan toelaat dat hy ons beheer, en deur hom toe te laat, gee ons die mag terug aan iemand wat eintlik reeds verslaan is.

Ek kies om op God te vertrou, selfs in die angswekkendste tye. Ek bid dat dit rustiger sal wees vandag. Ek bid vir God se beskerming vir daardie mense.

I’m no longer a slave of fear; I am a child of God! 

https://www.youtube.com/watch?v=f8TkUMJtK5k

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

23 thoughts on “Onrus

  1. Dis gewoon profesie wat in vervulling gaan, net soos wat Sondag se samehorigheid die voorteken daarvan was. Moenie te ontsteld raak nie, maar reik uit na die mense. Ek en my gesin is twee dekades gelede hierdeur en weet watter hel dit is, niemand het ons kom help nie maar eerder ons verdruk en verstoot. Twee in my gesin het hulle geloof verloor, die ergste is dat dit kerke is wat ons besoek het wat net mooi dieselfde aan ons gedoen het. Maak nie saak wie die kwaaddoener is nie, die pyn is dieselfde. Die wanhoop is dieselfde. Die opstaan uit die as met letterlik niks neem meer as ‘n dekade, bloot omdat niemand hand bysit nie. Leer hieruit, mense moenie hulle harte en beursies toesluit vir hulle wat deur ander se toedoen alles verloor het nie. Hoe jammer kry jy hulle? R50 jammer? R100 jammer? R1000 jammer? Is daar ‘n our rekenaar wat stof vergaar, ‘n tweede of derde motor wat jy kan afstaan, dalk ‘n tafeltjie wat jy kan opoffer? Gordyne, ‘n emmer en besem? Raak betrokke by die nood van ander.

    Dis moeilik genoeg as jy alles verloor deur ander, dis nog moeilike as die gemeenskap dan onbetrokke is.

    Wees die eerste eeuse gemeente.

    Liked by 1 person

  2. Reblogged this on Awethentiq® and commented:
    Dis gewoon profesie wat in vervulling gaan, net soos wat Sondag se samehorigheid die voorteken daarvan was. Moenie te ontsteld raak nie, maar reik uit na die mense. Ek en my gesin is twee dekades gelede hierdeur en weet watter hel dit is, niemand het ons kom help nie maar eerder ons verdruk en verstoot. Twee in my gesin het hulle geloof verloor, die ergste is dat dit kerke is wat ons besoek het wat net mooi dieselfde aan ons gedoen het. Maak nie saak wie die kwaaddoener is nie, die pyn is dieselfde. Die wanhoop is dieselfde. Die opstaan uit die as met letterlik niks neem meer as ‘n dekade, bloot omdat niemand hand bysit nie. Leer hieruit, mense moenie hulle harte en beursies toesluit vir hulle wat deur ander se toedoen alles verloor het nie. Hoe jammer kry jy hulle? R50 jammer? R100 jammer? R1000 jammer? Is daar ‘n our rekenaar wat stof vergaar, ‘n tweede of derde motor wat jy kan afstaan, dalk ‘n tafeltjie wat jy kan opoffer? Gordyne, ‘n emmer en besem? Raak betrokke by die nood van ander.

    Dis moeilik genoeg as jy alles verloor deur ander, dis nog moeilike as die gemeenskap dan onbetrokke is.

    Wees die eerste eeuse gemeente.

    Like

  3. Amen ja.

    Interessant genoeg (as interessant nou die regte woord is?), Saterdag het een van my seun se vriende en sy broer by die huis gebly terwyl hulle ouers na die kerk is om te bid. Die oudste seun (17) was siek en op medikasie, en sy jonger boetie (11) het by hom gebly. Na 40 minute wat die ma hulle nie in die hande kon kry nie, is sy en die veiligheidsmaatskappy na hulle huis, net om hulle kinders vasgebind en aangerand en hulle huis leeg te kry.

    Dit bevestig net weereens wat jy hierbo sê Toortsie.

    Like

Gesels saam, asseblief!