Hoekom sal iemand reën wil hê?

Toe ek vir iemand vir wie ek regtig baie lief is, vra hoe dit gaan, antwoord sy: ‘Dis so ‘n lieflike dag, die son skyn, hoe kan dit nou sleg gaan.’ Ek antwoord dat sonskyn lekker is, maar dat reën regtig nou welkom sal wees. Verbaas kyk sy my aan: ‘Hoekom sal iemand vir reën vra?’

Skielik roer sy ‘n snaar wat nie ‘n lekker snaar is nie, daardie teleurstellingsnaar as iemand nie besef hoe nodig reën is nie.

My eerste wat ek antwoord, is, dat ons boere is en reën nodig het. ‘O’, sê sy, ‘dan verstaan ek nou hierdie skielike luswees vir reën.’

Ek verduidelik dat die Theewaterskloofdam slegs 18% water in het, dit beteken dat ons binnekort nie water in ons krane sal hê as dit nie reën nie. Die enigste manier wat water in krane kan kom, is deur reën, ons kan nie water maak nie.

Verder is dit saaityd by ons. Planttyd. En as dit nie reën nie, kan die graan nie opkom nie en dan is daar binnekort nie brood nie. Soveel mense leef van brood, dis hulle hoofbron van voedsel.

Mense, ek en jy, of ons nou boer of nie, het reën nodig. Om water in ons krane te hê, het ons reën nodig. Om selfs koeldrank of koffie of tee te drink, het ons reën nodig. Om kos in ons monde te druk, het ons reën nodig.

Water kan nie gemaak word nie, dit word slegs voorsien uit die hemel. Ons land is droogtegeteisterd soos nog nooit te vore nie. Ons het reën nodig.

Ja, ons smag na reën. Ons besproeiingsgrond in die Ladismith-area staan doodstil, daar gebeur heeltemal niks, want die damme is leeg en dit reën nie. Dit beteken ons kan niks aanplant nie, en dit wat op die lande is, vrek omdat dit nie water kry nie.

Soos my vriend, Tjoppie, in 2013 gesê het, en ek daaroor geskryf het: ELKEEN VAN ONS IS BETROKKE BY LANDBOU, of ons dit wil besef of nie.

DIS NIE NET DIE BOERE WAT REëN WIL Hê NIE! en ek kry SEER SEER SEER as mense KLA OOR REëN. Reën is ‘n GESKENK VAN GOD wat UIT GENADE aan ons gegee word, deur te kla oor reën (ek praat nou nie van vloede nie, maar reën), klap ons vir God in Sy gesig. Deur te kla oor reën, sê ons vir God NEE DANKIE VIR SY GENADE.

Ekskuus, ek is my lewe lank hipersensitief en hiper-emosioneel hieroor.

DANS IN DIE REëN

Mooi loop

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

9 Responses to Hoekom sal iemand reën wil hê?

  1. Ek moet se, ek is nou nie letterlik n boer nie, maar ek is lief vir my tuin en plante. Dit breek my hart as ek ry en sien hoe plante net dood langs die pad, in tuine, parke en velde. Dit gee my hart n pyn as el die al hoe kleiner wordende damme sien.

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Nee kyk, Toortsie, net die feit dat jy reën aan iemand moes verduidelik, is skokkend. Ons oorlewing hang van God se oop hand af, van Sy genade. Sonder water, wat sal van die aarde oorbly. So ek verstaan jou emosionele skrywe.

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Weet nie in watter droom hierdie persoon lewe nie, maar reën is voorwaar genade van Bo. Mag die Here die sluise van die hemel oor ons land oopmaak.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Dis die dierbaarste persoon. Ek dink net niemand het nog ooit vir haar gesê hoekom reën so belangrik is nie. Sy is ‘n leier in haar gemeenskap.
      Ek sê toe vir haar, onthou om te bid vir reën, toe sê sy, natuurlik, noudat ek weet waaroor dit gaan! 🙂

      Like

  4. puppy1952 sê:

    Ek kan nie glo dat ‘n Suid-Afrikaner so onkundig kan wees oor ons waterbehoeftes nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s