Toortsie se goedvoelstorie nr 18 – ‘n Spinnekop het my gebyt

Hierdie het iewers in verlede jaar by Finesse se goedvoelblogs verskyn.

‘n Spinnekop het my gebyt!

Hierdie is vir my ‘n saak van soveel erns dat ek voel om ‘n week se goedvoelskrywe op te offer hiervoor. In elk geval, as ‘n spinnekop jou byt en jy nie die nodige aandag hieraan gee nie, gaan jy nie goed voel nie, dis verseker!

‘n Kleine spinnekoppie, moontlik ‘n sakspinnekop, het my gebyt. Aanvanklik was dit net ‘n ou plekkie, ‘n rooi plekkie, niks om oor huistoe te skryf nie. ‘n Dag later was dit ‘n bietjie groter rooi plekkie, effens harderig, steeds niks om oor bekommerd te wees nie. Skielik begin dit te swel en daagliks raak die swelling meer, die harde plek harder, al hoe meer skakerings van rooi kom te voorskyn en dit pyn, pyn, pyn.

Op ‘n stadium het ek besef dat dit nie self gaan regkom nie, dis dokter toe met my! Wat sal die dokter my vertel? Dat ‘n sakspinnekop se gif sitotoksies is en die selle en weefsel afbreek. Hierdie artikel (http://www.netwerk24.com/Nuus/Man-geopereer-na-byt-van-n-sakspinnekop-20140507) skryf dat die gif van ‘n sakspinnekop met dié van ‘n pofadder vergelyk word. Ek glo, as dit lank genoeg gelos word, dit sal lei tot die dood.

Ek het dit relatief ‘gelukkig’ getref, hy het my op my maag gebyt, so dit sal hopelik nie ‘n lelike letsel laat nie. Ek is redelik betyds dokter toe en is intensief behandel met binne-aardse antibiotika wat daagliks oor ‘n tydperk toegedien is, skokbehandeling wat gou gewerk het. ‘n Operasietjie moes ook uitgevoer word om die werking van die gif te stop.

Hoekom hierdie skrywe? Asseblief, mense, moet onder geen omstandighede ‘n spinnekopbyt onderskat nie, veral nie dié van ‘n klein, onskuldige, deurskynende spinnekoppie nie. As jy sien dat dit vererger, gaan so gou as moontlik dokter toe, hoe gouer, hoe beter. Asseblief, ter wille van jou eie gesondheid en jou eie ‘goedvoel’!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Spinnekopstories, Toortsie se voelgoedstories. Bookmark the permalink.

6 Responses to Toortsie se goedvoelstorie nr 18 – ‘n Spinnekop het my gebyt

  1. Ja mens moenie die natuur onderskat nie!

    Like

  2. Ek stem en ken ook van. Vandag het ek respekte vir ENIGE spinnekop, gevaarlik of te nie.

    Liked by 1 person

  3. seegogga sê:

    gelukkig het jy darem volkome herstel. Rn 2 Mei is om die draai! Laat weet asb finale datum.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s