Paulus skryf, dat as Jesus nie opgestaan het nie, ons geloof niks beteken nie. Alles gaan oor die Opstanding!
Jesus is gekruisig, Hy het ‘n onmenslike lyding deurgegaan. Ek dink nie ons kan ons enigsins indink wat dit behels het nie, want terwyl Hy besig was om hierdie pad te loop, het Satan alles in sy vermoë gedoen om dit te keer. Ja, die verhaal speel af waar dit lyk of dit deur Satan georkestreer is, maar hy sou alles in sy vermoë doen om Jesus van daardie kruis te hou, want hy het die ware omvang daarvan besef. Hoeveel keer het hy Jesus probeer verlei om te sondig, om van besluit te verander, maar Jesus het die pad geloop. Tot op die end.
Die Sondag het Hy opgestaan! En DIS waaroor ons geloof gaan. Dís wat ons geloof waarde gee, want Hy beloof in die Bybel dat, deur in Hom te glo, ons nou dieselfde krag in ons het wat die opstanding bewerkstellig het, dat onsself groot dinge kan doen in gebed!
Ek vang myself dat ek nie altyd gelowig bid nie, dat sekere dinge net vir my onmoontlik lyk, dat ek moed verloor. Hierdie naweek het hierdie gedagte keer op keer by my opgekom, dat dinge dalk onmoontlik lyk, maar ons nié moet opgee nie! Ons moet vasklou aan die Een wat opgestaan het.
In my soeke na die regte teksvers, ‘n keuse van twee, naamlik die een wat sê dat ons geloof niks beteken as die nie vir die opstanding was nie (1Kor 15:14), en ook die vers dat dieselfde krag wat die opstanding te weeg gebring het, nou in ons werk, kry ek toe hierdie een:
1 Kor 4:20: ‘Die koninkryk van God is immers nie ‘n saak van praatjies nie, maar van krag. ‘
Mag ons God se krag in ons lewe ervaar, mag ons dit gebruik tot eer van die koninkryk en tot opbou van onsself en van ander. Mag ons in geloof bid, daar is immers geen kragtiger wapen as gebed nie!
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Om te pendel saam met jou man
Toortsie by Pinterest
Happy Easter, dear Toortsie! May it be a day of pure joy for you! 🙂
LikeLike
Thank you! And may God bless you this easter!
LikeLiked by 1 person
Hoop julle het ń geseënde Paastyd beleef, Toortsie. En dankie vir die mooi skrywe.
LikeLike
Dankie. Mag julle ook God se liefde ervaar.
LikeLiked by 1 person
❤
LikeLike
Hy het waarlik opgestaan!
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on YAHWEH-NISSI.
LikeLike
Dankie
LikeLiked by 1 person
Is ons nie maar almal skuldig daaraan dat ons soms ongelowig bid nie. Heer gee my geloof asb
LikeLiked by 1 person
HE HAS RISEN. n Paas Sondag jubel kreet.
LikeLiked by 1 person
Ek wonder altyd hoe dit is dat Kersdag soveel meer aandag kry as die Paasnaweek. Ins prioriteite is beslis omgedop.
LikeLike
Behoorlik!
LikeLike