Die vreugde van die Opstanding

Paulus skryf, dat as Jesus nie opgestaan het nie, ons geloof niks beteken nie. Alles gaan oor die Opstanding!

Jesus is gekruisig, Hy het ‘n onmenslike lyding deurgegaan. Ek dink nie ons kan ons enigsins indink wat dit behels het nie, want terwyl Hy besig was om hierdie pad te loop, het Satan alles in sy vermoë gedoen om dit te keer. Ja, die verhaal speel af waar dit lyk of dit deur Satan georkestreer is, maar hy sou alles in sy vermoë doen om Jesus van daardie kruis te hou, want hy het die ware omvang daarvan besef. Hoeveel keer het hy Jesus probeer verlei om te sondig, om van besluit te verander, maar Jesus het die pad geloop. Tot op die end.

Die Sondag het Hy opgestaan! En DIS waaroor ons geloof gaan. Dís wat ons geloof waarde gee, want Hy beloof in die Bybel dat, deur in Hom te glo, ons nou dieselfde krag in ons het wat die opstanding bewerkstellig het, dat onsself groot dinge kan doen in gebed!

Ek vang myself dat ek nie altyd gelowig bid nie, dat sekere dinge net vir my onmoontlik lyk, dat ek moed verloor. Hierdie naweek het hierdie gedagte keer op keer by my opgekom, dat dinge dalk onmoontlik lyk, maar ons nié moet opgee nie! Ons moet vasklou aan die Een wat opgestaan het.

In my soeke na die regte teksvers, ‘n keuse van twee, naamlik die een wat sê dat ons geloof niks beteken as die nie vir die opstanding was nie (1Kor 15:14), en ook die vers dat dieselfde krag wat die opstanding te weeg gebring het, nou in ons werk, kry ek toe hierdie een:

1 Kor 4:20: ‘Die koninkryk van God is immers nie ‘n saak van praatjies nie, maar van krag. ‘

Mag ons God se krag in ons lewe ervaar, mag ons dit gebruik tot eer van die koninkryk en tot opbou van onsself en van ander. Mag ons in geloof bid, daar is immers geen kragtiger wapen as gebed nie!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

12 thoughts on “Die vreugde van die Opstanding

Gesels saam, asseblief!