Drukkies en Soentjies

‘n Paar oggende gelede kom Jay haar sitkamer binne en dié prentjie begroet haar. Negejarige Josh se opgestopte leeu en teddie – die een se oor en die ander se been is oopgeskeur – lê netjies toegemaak onder ‘n kombers, met ‘n nota daarby. Die nota lees:
“Maak ons reg asb! ñ
Rewards
:  10 drukies
:  10 soene vir
mom
Natuurlik het Jay se hart gesmelt van liefde. Josh weet hoe lief sy ma vir drukkies en soentjies is, en moet die knapie nie weggooi nie; hy geniet dit net so. Hy kon as “Rewards” gesê het hy sal van nou af sy kamer netjieser hou, of nie droom wanneer hy moet oplet nie, of sy groente sonder ‘n gekerm eet. Maar nee, hy ken sy ma se hart.
Dit het my laat dink aan ons verhouding met God. Hy wil hê ons moet met vrymoedigheid die stukkende dinge in ons lewe na Hom toe bring en Hom vra om dit heel te maak. Hy verwag nie van ons “Rewards” deur werke waar ons belowe om ons bybel meer dikwels te lees, of beter lewens te lei nie. Nee, as ons sy hart ken sal ons weet Hy vra ons drukkies en soentjies; vrywillig en met oorgawe gegee.

14 thoughts on “Drukkies en Soentjies

    1. Daar is maar net iets tussen ‘n ma en haar seuns. My dogters bederf hulle pa en is gaande oor hom… befoetert soos hy met tye was. Dit is anderste met die seuns.

      Liked by 1 person

    1. Ek het by jou gaan lees maar kannie kommentaar lewer nie. Net gewonder omtrent die ma en die baba… ware lewensverhaal? Klink baie na wat ek deur is.

      Like

Gesels saam, asseblief!