Verslawing oorwin?

Op 19 Oktober 2015 het ek gebieg oor my skaalverslawing, hoe ek dit probeer afleer het en totaal gefaal het.

Nou, twee en ‘n driekwart jaar sedert ek begin het met die Bantingleefstyl, wil ek versigtig optimisties sê, ek dink ek is besig om die skaalverslawing te oorwin! Versigtig optimisties, want ek is steeds nog lief vir my skaal, maar ek bestorm hom nie meer twee keer per dag en klim dan elke keer tot vier maal op hom terwyl ek hom rondskuif om te sien of hy nie dalk ‘n gunstiger getal wys nie!

Wat ‘n verligting! Vir soveel jare was die skaal die laaste item wat ek in die aand gegroet het en die eerste een om in die oggend môre te sê. Soms was ek angstig as ek sien dat ek al wéér besig was om die stryd teen vet te verloor, of om te sien dat ek al wéér heeltemal beheer verloor het.

Wanneer my gewig in ‘n daalfase was, beerfase, was dit natuurlik lekker om die ou skaaltjie uit te haal, maar kom die bulfase! 😳 Chaos! Vrees! Angs! Moedeloosheid!

My gewig het nou regtig gestabiliseer, so die ou skaaltjie is regtig vervelig deesdae. Hy is mos maar lief om so met 2 kg te skommel, maar eintlik staan hy doodstil. Af en toe, meer af as toe, sal hy my verras!

Eintlik dink ek dat daar rustigheid in my hart gekom het. My liggaam het my gewys dat, as ek net volhou om reg te eet, geen suikers en stysels inneem nie en my vetinname hoog hou, my gewig konstant sal bly.

Soveel keer dink ek om te weeg, net om daarteen te besluit omdat ek nie lus het nie.

Ek twyfel of ek gou, indien ooit, totaal van my skaal sal genees, maar dis tog ‘n lekker gevoel! Ek vrees nie meer my skaal nie! 😱

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

29 thoughts on “Verslawing oorwin?

  1. Ag hoe glimlag ek nou, so het ons elkeen ons geheime vrese. Ek is baie bly die banting doen jou so goed, soos voorheen gesê sweer my dierbare swaer daarby!!! Ek is versot op brood enige tipe brood solank dit net supervars is… dus is ek baie bang vir banting.

    Liked by 1 person

  2. Ek sukkel verloor amper niks met banting en dan word ek moedeloos en gryp ‘n “chocolate ” . Nou is my immuunstelsel getoets en dis feitlik “non existing ” nou is ek eers moedeloos

    Like

      1. O ja! Dit is in mens se psige om eers aan die negatiewe kant te dink en wanneer die nuus goed is…is ons uit ons vel van blydskap. ‘n Tipiese Afrikaanse spreekwyse soos ‘janee’ pas goed hierby (dink ek). Die Engelse taal het net nie so woord nie. 🙂

        Liked by 1 person

  3. Ek het een jaar besluit om my skaal weg te gooi. Dit was al bietjie oud en ek het ook naderhand die ding van teel tot teel geskuif om te sien waar weeg ek die minste. 5 jaar van nooit weeg nie, moes ek vir ‘n nuwe werk op ‘n moerse groot skaal klim. Mynwese kan wreed wees hoor. En toe moet ek uitvind dat ek meer weeg as toe ek 9 maande swanger was. Nou klim ek maar weekliks op ‘n (nuwe) skaal. Dit hou my gefokus.

    Like

Gesels saam, asseblief!