Die storie van die Masaibul

So ongeveer twee jaar gelede was ons bevoorreg om ‘n semi-Masaitroue by te woon.

Vriende van ons wat in Kenia werk, het in Suid-Afrika kom trou en ‘n klompie van hulle Masaivriende het saamgekom. Hierdie Masaimanne het behoorlik kleur aan die troue verskaf met tradisionele danse en ander gebruike. Daar is ook ‘n Masainaam aan die bruid toegeken, iets wat regtig uitsonderlik is.

‘n Dag ná hierdie troue is daar by ons ‘n bruikbare bulletjie gebore en hy het die naam, Masai, gekry in herinnering van hierdie spesiale gebeurtenis.

Intussen het Masai groot geword en het hy al sy eerste versies gedek. Sal daar versies uit hulle gebore word, sal Masai ook deel word van hulle geregistreerde name. Masai sal voortleef!

Die opwinding was baie groot toe ons vriende die bul kon ontmoet en hy hulle sowaar toegelaat het om foto’s saam met hom te neem. Jerseybulle hou nie altyd baie van mense-aandag nie!


Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

9 thoughts on “Die storie van die Masaibul

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s