Gatskuurhond

My hond is nog altyd anders hanteer as die ander plaashonde. Waar hulle heeldag agterop bakkies rondry, bly my hond by die huis. Sy word nie eers geleer van die lekker van bakkiery nie. Haar werk is om my op te pas.

Op die plaas was dit altyd maklik om ‘n hond aan te hou. Sy het haar blyplek en is veilig en gelukkig. Ry ons rond of gaan met vakansie, is daar personeel wat haar versorg.

Nou het plaashond dorpshond geword. Slaap ons ‘n aand uit en sy moet alleen by die huis bly, veroorsaak sy chaos. Sy verlang haar dood, aktiveer die alarm en hou die alarmmense heelnag besig.

So daar moet ‘n oplossing kom!

As ons pendel, is dit maklik. Sy ry maar saam, loop al agter my aan tot dit op my SENUWEES WERK!

Omdat sy nooit geleer is om saam te ry nie, het sy ook nooit daarvan gehou wanneer dit wel die een keer gebeur nie. Sy sit op ‘n hopie, die skouers hang, sy kry koud.

Nou die dag moes ek haar met groot gesukkel agterin die kar laai om veearts toe te neem.

Maar nou het sy RY agtergekom. Want dis óf ry, óf bly. Sy verskaf ons eindelose genot, want sien sy daar word gery en die noi gaan saam, klim sy in, waar daar ook ‘n plekkie is.

Nou die dag het sy gesien hier word gepak, maar die bakkie se klap is nog nie gesak vir haar nie. Ag, toe sien sy daar is ‘n deur oop en wurm haarself toe maar solank in die beskikbare gaatjie in … 😁

Ag, my liewe woef!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Dorpslewe, soos gesien deur 'n plaasjapie, Lawwighede; Tong-innie-kies. Bookmark the permalink.

17 Responses to Gatskuurhond

  1. dromer777 sê:

    Ag moedertjie maar dis so oulik 😁 niks gaan haar daar uitkry nie.

    Like

  2. the Author sê:

    So oulik Toortsie! Hulle is darem so getrou en verlang so baie as mens vir ‘n rukkie weg is…en vra so min. 🙂

    Liked by 1 person

  3. seegogga sê:

    Slim hond. Sy maak maar net seker sy word nie agtergelaat nie

    Like

  4. Kameel sê:

    Ag dis dierbaar. Sou graag wou hoor wat sy te sê het van die dorpslewe.

    Like

  5. BB sê:

    Aaaawwww!! Haar werk was dan mos om jou op te pas. So, as ma gatskuur, want anders sal sy doen? Sy is afterall dan mos jou spreekwoordelike ‘stert’ 🙂

    Like

  6. travel460 sê:

    Terwyl ek lees, is my prentjie van ñ klein skoothondjie. Wel, ek gaan nou eers weer moet oorlees, want hierdie verander dinge…Sy het defnitief haar eie ‘plek’ nodig.☺ Dis ñ dierbare storie, Toortsie.

    Like

  7. hehehehe … ag dis mos maar ‘n hondelewe

    Liked by 1 person

  8. Tokeloshe sê:

    Hie-hie, ons ken daardie storie 😉

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s