My rooi helikopter

Kyk, ek het mos nou al lankal die idee om vir my ‘n rooi helikopter te koop. ‘n Tweesitplek, ek wil mos nie die hele dorp op een slag vervoer nie! Dis omdat ek soveel tyd op die pad deurbring, ek kan dit netsowel in die lug deurbring. Die paaie is juis so gevaarlik deesdae. Dis eintlik net vir my en my koffer.

Die erf wat ons het, het juis so ‘n ekstra driehoek aan. Dis nét die plek waar ek die rooi helikopter gaan parkeer. Anders moes ek dit op die huis se dak parkeer, dan hou die hele dorp my dop en sê, die eksentrieke vrou is terug of weg. Eksentriek. Verbeel jou!

En ja, ek wil hom sommer self bestuur ook! Ek kan darem regtig nie iemand voltyds aanhou nét om my af en toe rond te vlieg nie, weet julle hoeveel kos dit? En dan is daar nog al die rompslomp van arbeidswette ook nog! Nee wat, ek bestuur hom sommer self!

Ursula sal my help, dis te sê as ek haar net kan vind! Ek en sy hét mos al ‘n keer met ‘n helikopter gevlieg. 😁

Nou vertel mense dis moeilik om ‘n helikopter te vlieg. Dink hulle ek is dom? Iemand sê ek moet eers ‘n bietjie op die rekenaar oefen met ‘n simulasie. Wie het nou tyd vir rekenaarspeletjies?

Iemand vertel my dat as die masjien skielik besluit om te vrek, jy .78% van ‘n sekonde het om een of ander pen in te druk. Ek dink nie ek moet my bekommer oor die pen nie, ek moet eerder net my kop vashou en skree, ‘Oeeee …!’

Intussen moet julle nie te veel stres nie, ek sal julle laat weet as ek hom het! 😁😜🤡 Julle moet onthou om vir my te sê as julle ‘n draaitjie saam met my wil vlieg. Onthou, ek kan net een op ‘n slag saamneem. Ek wil nou darem nie my helikopter oorlaai nie!

Groetnis

Ag, julle weet mos wie!

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

19 thoughts on “My rooi helikopter

Gesels saam, asseblief!