Kyk, ek het mos nou al lankal die idee om vir my ‘n rooi helikopter te koop. ‘n Tweesitplek, ek wil mos nie die hele dorp op een slag vervoer nie! Dis omdat ek soveel tyd op die pad deurbring, ek kan dit netsowel in die lug deurbring. Die paaie is juis so gevaarlik deesdae. Dis eintlik net vir my en my koffer.
Die erf wat ons het, het juis so ‘n ekstra driehoek aan. Dis nét die plek waar ek die rooi helikopter gaan parkeer. Anders moes ek dit op die huis se dak parkeer, dan hou die hele dorp my dop en sê, die eksentrieke vrou is terug of weg. Eksentriek. Verbeel jou!
En ja, ek wil hom sommer self bestuur ook! Ek kan darem regtig nie iemand voltyds aanhou nét om my af en toe rond te vlieg nie, weet julle hoeveel kos dit? En dan is daar nog al die rompslomp van arbeidswette ook nog! Nee wat, ek bestuur hom sommer self!
Ursula sal my help, dis te sê as ek haar net kan vind! Ek en sy hét mos al ‘n keer met ‘n helikopter gevlieg. 😁
Nou vertel mense dis moeilik om ‘n helikopter te vlieg. Dink hulle ek is dom? Iemand sê ek moet eers ‘n bietjie op die rekenaar oefen met ‘n simulasie. Wie het nou tyd vir rekenaarspeletjies?
Iemand vertel my dat as die masjien skielik besluit om te vrek, jy .78% van ‘n sekonde het om een of ander pen in te druk. Ek dink nie ek moet my bekommer oor die pen nie, ek moet eerder net my kop vashou en skree, ‘Oeeee …!’
Intussen moet julle nie te veel stres nie, ek sal julle laat weet as ek hom het! 😁😜🤡 Julle moet onthou om vir my te sê as julle ‘n draaitjie saam met my wil vlieg. Onthou, ek kan net een op ‘n slag saamneem. Ek wil nou darem nie my helikopter oorlaai nie!
Groetnis
Ag, julle weet mos wie!
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Om te pendel saam met jou man
Toortsie by Pinterest
in jou verbeelding iss alles mos moontlik – en ry jy om selfs. So vertel ons van jouu eerste rit!
LikeLike
Jy sal mos saam met my ry, né?
LikeLike
Ek vlieg saam solank jy Ursula by die huis los 😏🙄🤔
LikeLike
Maar sy moet my help bestuur!
LikeLiked by 1 person
O hel, ons het ‘n probleem want sy word gedurig gesoek… 😂😂 kry asb ‘n meer betroubare “pilot”
LikeLike
Reg so! 😁🚁
LikeLiked by 1 person
Drome! Wat sal ons wees daar sonder en in drome is alles moontlik. Selfs die rooi helikopter. Ek het lekker gelag vir die skreeu as hy val.
LikeLike
Ek kan niks anders doen as skree nie! 😁
LikeLiked by 1 person
Het jou skip ingekom?
LikeLike
Nee man, nie skip nie, helikopter! 🤡
LikeLiked by 1 person
O genade nee Toorts. Los liewer 🙈
LikeLike
Chicken! ❤️
LikeLike
Bly om te sien dat nie net ek my oorgee aan intellektuele beuselagtigehede nie 🙂
LikeLike
What you mean? Ek s doodernstig! 🚁
LikeLike
Daar is ‘n rede hoekom wolwe nie vlerke het nie, so ek bly vas op die aarde. MAAR ek dink om helikopter te kan ry is cool en is seker lekker (nog cooler as ek op Mamam aarde kan bly)
LikeLiked by 1 person
Dis blykbaar baie warm as due skroef ophou draai! 🚁
LikeLiked by 1 person
Ek het so iets gehoor ook
LikeLiked by 1 person
Salmoet ysblokkies saamneem!
LikeLiked by 1 person
ja lol
LikeLike