Ontvang ‘n kompliment met grasie

Om ‘n kompliment te ontvang, is iets wat ons tog graag wil hê, al sal ons dit nie sommer wil erken nie. Ons almal wil tog graag voel ons word aanvaar, ons is goed genoeg, mense hou van wat ons doen, hoe ons aantrek, hoe ons optree, ens. Dis mos eintlik baie lekker as ‘n mens weet iemand keur dit wat jy doen, goed, of hoe?

Hoekom is dit dan dat ons nie altyd weet hoe om ‘n kompliment te ontvang nie? Waarvan sal dit ‘n simptoom wees? 

Is dit skaamheid? Weet ons nie hoe om die aandag wat skielik na ons kant toe kom, te hanteer nie? Het ons dalk kleintyd ‘n kompliment ontvang, was opgewonde daaroor en iemand het negatief reageer? Iets soos, komaan, moenie so windgat wees nie? Maak jaloerse opmerkings van ander dat ons eerder nie ‘n kompliment wil ontvang nie? Wonder ons dalk of die kompliment opreg bedoel is? Wat kan dit wees? Het niemand vir ons geleer hóé nie?

As iemand sê jy het ‘n mooi rok aan, is die natuurlike reaksie mos om te kyk na die rok, en te sê, “O, dis ‘n stokou rok.”  Sê iemand jy het goed gedoen, sal jy antwoord dat dit sommer niks is. Sê iemand jou hare lyk mooi, sal jy antwoord dat dit windverwaaid is, of wat ook al. Jy sal die lelike klein dingetjie uitwys.

Ekself moes al oor baie jare myself hier skuur, ook vir my is dit moeilik om ‘n kompliment te ontvang, al is dit verskriklik lekker! Ai toggie.

Ek het ‘n paar slegte maniere. Ek het nou al geleer om die meeste van die tyd nie die slegte dingetjie uit te wys nie, al gebeur dit steeds. Of, sal iemand my komplimenteer op wat ek gedoen het, sal ek so gou as moontlik die aandag van my af probeer kry en wys op die werk wat die ander persoon gedoen het. Sal iemand sê ek het mooi skoene aan, sal ek gou vertel dat ek dit op ‘n uitverkoping vir halfprys gekoop het. HOEKOM DOEN EK DIT? Onmiddellik verwater ek die waarde van die skoene na halfprys. Onmiddellik is dit nie meer so mooi soos dit was nie.

Maar ek werk aan myself en liewe leser, ek hoop dat hierdie stukkie skryf ook vir jou sal help. Want weet jy wat is die heel maklikste en mooiste manier om die kompliment te ontvang?

Kyk die persoon in die oë, glimlag voluit van jou mond tot by jou oë en sê: “Baie dankie.” Net dit. Net ‘n vriendelike dankie. En sou jy iets wou byvoeg wat tot die waarde daarvan sou bydra, doen dit dan. MAAR NIKS NEGATIEFS nie. Net ‘n vriendelike, opregte, baie dankie.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Wat maak die verskil?

Toortsie by Pinterest

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Motivering en Bemoediging and tagged , . Bookmark the permalink.

23 Responses to Ontvang ‘n kompliment met grasie

  1. Ek dink dit is omdat almal kleintyd geleer is om nederig te wees.

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    Ek doen aanmekaar dieselfde al weet ek dis verkeerd. Ingebore minderwaardigheid? Grootword met nederigheid ingedril? Bang mense dink jt is grootkop? Glo ons nie wat ons hoor ni omdat ons nie self ook so dink nie? Ai! Selfbeeld!!! Kom ons sing weer. “I feel pretty…”

    Like

  3. dromer777 sê:

    Gaan nou weer daaraan werk maar stem saam Xena dit het te doen met ‘wees nederig’

    Liked by 1 person

  4. Ons doen almal daai dom ding om n ander se gee te verfrommel in n nietige bondeltjie. Word so vies as ek dit doen en ek doen dit, glo my.

    Like

  5. Kameel sê:

    Hier val ek darem nie uit die bus uit nie. Weet nie of die wysheid deur die jare gekom het nie maar ek aanvaar ‘n kompliment maklik sonder om bohaai te maak.

    Liked by 1 person

  6. Uitstekende raad. Ek gaan harder probeer om minder kwasi-beskeie te wees.

    Liked by 1 person

  7. Andorize sê:

    selfde kwaal, selfde kopskuif hier

    Like

  8. Olga sê:

    Ek weet gewoonlik nie wat om te se nie, en se dan maar net “Dankie.” Asof dit my eie doen was.

    Liked by 1 person

  9. Dis ‘n ding wat van kleintyd by Afrikaners ingedril is…valse nederigheid.Ek ken dit so goed.

    Liked by 1 person

  10. BB sê:

    God bless ons uiteindelik met ALS wie ons is en ALS wat ons het, ons gawes, ons talente, ons uiterlike (ok, ons befonkfaai die oorspronklike beeld waarin Hy ons geskep het soms ‘n bietjie met pleister, verf en slegte gewoontes). Wanneer ek dus ‘n kompliment kry, aanvaar ek dit altyd in daardie lig (of dit so bedoel is of nie – want ek weet mos van beter). Sê gerus maar dankie namens Hom, en knipoog boontoe 😉
    Nederigheid het perke. Veral wanneer dit kom by Godsgegewe seëninge. Hoe durf ek nie dankie sê?

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s