Wat praat ons met onsself?

Ons kan onsself negatief, óf positief, beïnvloed.

Dis baie makliker om positief te dink, positief te voel, positief op te tree as alles voor die wind gebeur, maar kry ‘n bietjie wind van voor en die hele situasie verander. 

Laat daar net iewers ‘n ongemaklikheidjie in jou gesin gebeur, of iets maak jou net effens onseker, jy het dalk sleg geslaap, jou vrou het dalk PMS, iemand het onnodig vir jou skeef aangekyk of getoet, en die hele prentjie verander. 

Skielik kom die selfgesels, die gekrap in jou gedagtes, die oor en oor beleef van die situasie en voor jy jou kom kry raak jy negatiewer en negatiewer. Jy begin woorde soos ‘nooit’ en ‘altyd’ gebruik. In jou gedagtes herleef jy soortgelyke situasies en begin jy dalk klem lê op goed wat nie beklemtoon moet word nie. 

Dit kom my ook oor. Net ‘n nag sleg geslaap, ek verlang na my kleinkinders, nog iets het effens skeef geloop, my rug is seer,  en ek begin met myself praat. Verkeerdom praat. Verkeerde gedagtes lei tot die volgende verkeerde gedagtes en kort voor lank is ek ‘n geïrriteerde handgranaat, gereed om te ontplof, die slagpennetjie al driekwart uit. 

Die probleem is, jou onderbewussyn glo alles wat jy sê

As ons insidente foutief interpreteer, as ons verkeerde dinge ooraksentueer, begin ons leuens glo wat verskriklik ná aan die waarheid is, maar nie waar is nie. En ons tree op vanuit hoe ons glo. 

Ons moet KYK wat ons vir onsself sê, ons moet waak teen negatiewe gedagtes wat die duiwel subtiel daar plaas om sy doel te bereik. Onthou, sy doel is om ons af te trek, siek te maak, ons verhoudings op te breek. 

Toortsie, jy moet lees hier en luister! 

Hê ‘n positiewe dag! 

‘Every good thought you think is contributing its share to the ultimate result of your life.’ – Grenville Kleiser

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Wat maak die verskil?

Toortsie by Pinterest

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Huwelik en Verhoudings, Motivering en Bemoediging. Bookmark the permalink.

14 Responses to Wat praat ons met onsself?

  1. sonSkyn sê:

    Dis so goed gesê en so van toepassing.

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Ai Toortsie, ek wens ek kon hierdie skryfsel van jou net so voor my een meisiekind neersit en sê: lees en leer my engel.

    Liked by 1 person

  3. dromer777 sê:

    Jy klink altyd vir my vrolik en positief so jy doen dit reg!

    Like

  4. seegogga sê:

    Ai ek weet nie hoekom ons almal so hard op onsself is nie. Pleks ons ronddans en sing: I feel pretty…

    Like

  5. Hiermee kan ek myself een honderd persent vereenselwig. Ek het daai sleg manier om myself sleg te se as ek dom optree of verbrou. Ek weet ek moet dit nie doen nie, maar as ek my weer kry……..

    Liked by 1 person

  6. Kameel sê:

    Take every thought captive and bring it into obedience to Jesus Christ…. is die pad van oorwinning oor ons gedagtes. Net nie aldag maklik nie 😦

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s