Jagveld

Steeds besig om my taal te besing. Ek is steeds trots op mense wat my taal bevorder, mense wat bereid is om fondse beskikbaar te stel sodat daar groot Afrikaanse musiekuitvoerings, Afrikaanse feeste, Afikaanse flieks en wat nog als gedoen kan word.

Nadat die fliek, Jagveld, al so ‘n entjie gespeel het, het ek by myself gedink dat dít darem nie ‘n fliek is wat ek wil kyk nie. Dis vloek, dwelmsmokkelary en moord, terwyl ‘n jonge meisie wat heel per ongeluk op die lot afgekom het, gejag word vir lewe en dood deur ses mal mans.

Wát ‘n fliek! En dit ‘n Afrikaanse fliek!

Soos dit gevorder het, het ek net meer vasgenael bly sit en dit meer en meer geniet, want Emma is nie wie húlle gedink het sy is nie. Sy het baie meer om die lyf as wat ‘n mens met die eerste oogopslag sien.

Jagveld is beslis ‘n fliek om te sien. En Emma is iemand wat jy nie sommer met kaal hande kan pak nie! Hartlik geluk aan die vervaardigers.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Wat maak die verskil?

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to Jagveld

  1. Soms moet mens eers in ‘n boek of fliek inkom,voordat dit tot jou spreek.

    Liked by 1 person

  2. Moet ook se, ek het die fliek baie goed gevind. Lekker om n lekker spannings verhaal te beleef, asook goeie toneelspel en fotografie.
    Gaan kyk gerus Tess. Ook uitstekend.

    Like

  3. Kameel sê:

    My kinders sensor enige fliek voordat hulle hom by my aanbeveel. “Hulle vloek of gebruik nie die Here se Naam ydelik nie” sal hul sê. Ek kannie ‘n gevloekery hanteer nie, dit laat my ongemaklik voel en dan geniet ek nie die fliek nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s