Afrikaans is Groot

Ons kon Saterdagaand die laaste Afrikaans is Groot van die seisoen gaan kyk. Wat ‘n voorreg! Dit was fantasties! Luisterryk! Mooi! Uitstekend! Net die beste! Elke oomblik genot. Die sangers was uistekend, die dansers fantasties. Elke item was ‘n vertoning op sy eie. Alles was van uitstaande gehalte en ek is trots dat hulle ‘n skoon konsert gehou het, sonder ‘n gevloek en ander vulgêriteit wat soveel kere op verhoë gebeur nie.

Maar weet julle wie het my gedagtes vasgevang? Steve Hofmeyer. Ja, ou Steve.

Steve is een van daardie mense oor wie ‘n mens nie neutraal kan voel nie. Of jy haat hom, of jy hang hom aan. Dis net die tipe persoon wat hy is! Hy hou van reaksie en lok dit uit hoe ver hy kan, en hy gee regtig nie om waar jy teenoor hom staan nie. Hy weet wie hy is, waarin hy glo, is ‘n uitstekende sanger en sê en doen wat hy wil. Aspris. Om reaksie uit te lok.

Ek weet hierdie bloginskrywing gaan nou ook reaksie wil uitlok, en dis nie my bedoeling dat Steve nou hier uitmekaar getrek gaan word nie. Ek vra dat u dit nie sal doen nie. Mense wat my blog volg, sal weet dat dit nie my manier van doen is om mense hier te verskeur en vernietig nie.

Ek is nie die tipe persoon wat mense aanhang nie, so ek hang hom ook nie aan nie. Ek haat hom ook nie. Wat ek hier skryf, het niks met sy persoonlike lewe te doen en hoe hy sy lewe leef nie, ek stem nie noodwendig daarmee saam nie. MAAR ek dink hy is ‘n uitstekende kunstenaar. Wanneer hy die verhoog betree, eien hy dit. Hy is meester van die verhoog. Hy maak goeie musiek. Baie goeie musiek met goeie melodie en harmonie. Musiek wat tydloos is wat oor jare nog goeie musiek sal wees. Daarvoor kan ek nie anders as om hom te eer nie.

Nou ja, Afrikaans ís groot. Baie groot. Groot, groot, groot! Ek is trots op ons Afrikaanssprekendes wat nog lief is vir ons taal. Ek is trots op RSG en die FAK en soveel ander instansies wat moeite doen om ons taal te bevorder. Ek is trots op elke persoon wat probeer om ‘n mooi Afrikaans te praat wat nie deurtrek is met anglisismes en sommer enige Engelse woord wat mode is nie.

Ek is lief vir Afrikaans. Ek is lief vir my taal. Mag Afrikaans nog lank voortleef in ons monde, ons harte, ons skryfwerk. Persoonlik voel ek dat dit die minste is wat ons kan doen (minimal), om as Afrikaanssprekendes eienaarskap oor ons taal te aanvaar.

Groete

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Wat maak die verskil?

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

21 Responses to Afrikaans is Groot

  1. Ons het n pragtige taal. Ek is bly daar is instansies wat goed reel vir n bymekaar kom van afrikaanse kunstenaars en die publiek.
    Ek hou ook van Steve, hy het verhoog persoonlikheid en is n goeie sanger.

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    Jarre der jarre gelede het die Steve as jong mooi sangertjie op Bredasdorp kom sing. Ek moes vir ons plaaslike koerant n onderhoud met hom voer – tydwns muddagete in die destydse landbousaal.. Ht was vreeslik honger en was mal oor die frikadelle wat die boeretannies vir hom opgedien het. Hy het letterlik my frikkadel uit my bord opgeeet soos ‘n gesonde honger boerseun. En sommer ‘n stukkie van my hart ook gevat.

    Liked by 1 person

  3. Ja ons kan trots wees op ons taal en diegene wat dit bevorder.Ek het ‘n boertjie dood aan die vieslike manier van Engelsdeurspekte taalgebruik op TV en die media…ai tog!

    Liked by 1 person

  4. Vlindersag sê:

    Ek was ook bevoorreg om op die laaste oomblik ‘n geleentheid te kry om Afrikaans is Groot by te woon in iemand anders se plek, en ek was so bly. Dit was werklik fenomenaal en ongelooflik lekker om daardie tyd agteroor te sit en net Afrikaans te luister. Al die kunstenaars was fantasties en stylvol en ‘n plesier om na te luister. En ek stem saam. Ek is ‘n aanhanger van Afrikaanse musiek – nie van die mense nie. Ek gee nie om wie maak nonsens en skandes en wie krap waar dit nie altyd jeuk nie. Solank hulle aanhou om hulle passie uit te leef en sulke wonderlike musiek te skryf dat mens jouself tot in jou kleintoontjie kan baai in die lekkerte van Afrikaans, is dit reg. Maar ja, Steve het ‘n groot persoonlikheid. Hy neem die gehoor geheel en al op en hulle is klei in sy hande. Hy lyk sommer stout as hy die mense so uitlok en mens kan sien hoe geniet hy dit. Ek was wel teleurgesteld dat hy nou juis die Bloubul gesing het, want hy kon daai tyd gebruik het om een van sy ander wonderlike liedere te sing. Tsk.

    Liked by 1 person

  5. Ja, afrikaans lê ook na aan my hart. Bly jy het die vertoning so geniet.

    Liked by 1 person

  6. BB sê:

    Ek ‘laaik’ Steve. (Het nie verniet ‘n tribute vir hom geskryf nie 😉 Hy is belese, skryf great songs, is ‘n charismatiese mens en kunstenaar ens. Ek gee nie om wat hy in sy private hoedanigheid doen en/of wat sy politiese standpunte of opinies is nie. Dit doen absoluut niks aan my saligheid nie.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Die ding is maar dat as jy ‘n publieke persoon is, jou privaatlewe daardeur geraak word en in ‘n Afrikaanse gemeenskap nog meer.
      Hy is egter seker van homself en voel dis nie nodig om gat te kruip by sy gehoor nie. Hy het genoeg aanhangers.

      Like

  7. BB sê:

    Jip. Meer as genoeg. Die nostalgiese waarheid is, dat ek eintlik eers besef hoe oud Steve is, as ek na sy gemiddelde aanhanger kyk 😉 (50+?) – (en dis als behalwe neerhalend bedoel. Dis maar ‘n feit met alle kunstenaars, nê?
    …laat my dink aan die oeroue grappie: Wat het 36 borste en 18 stelle valstande?

    Liked by 1 person

  8. Kameel sê:

    O gatta….. soos my ma sou sê, vir die suiwer Afrikaans 😦 My kinders is almal gaande oor Afrikaans is Groot en gaan kyk dit gereeld. Ek het te verengels met die jare saam. Bly jy het dit geniet!!!

    Liked by 1 person

  9. Ek as ‘n Engelsprekende is bly dat ek Afrikaans as ‘n tweede taal kan gebruik, alhoewel ek baie meer oefening nodig het as wat ek kry.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s