Toortsie se voelgoedstorie nr 16 – Net nog ‘n veer

Soos verskyn het op Finesse se Goedvoelblog, iewers in die winter van 2016.

Ek vra ‘n veer

Sondagoggend vroeg worstel ek weer met ‘n swaarkrystukkie in my lewe en vra dat God vir my ‘n veer sal gee. In hierdie jaar het Hy al soveel keer voorsien, soveel keer vir my ‘n veer gewys om Sy teenwoordigheid en beskerming te demonstreer.

Nou een dag stap ek en my hond, sy is gewoonlik besig met haar eie ding, versteur die hele ekologie, hardloop die hele plaas rond, weet amper nie eers van my nie, terwyl ek my weer besighou met my eie gedagtes. Die volgende oomblik staan sy dwars, doodstil, direk voor my in die pad, ek val amper oor haar. Die rede? ‘n Veer! Soos die donkie destyds vir Bileam moes stop in sy spore, het my hond dit goedgedink om my te laat stop in my spore!

Terug by Sondagoggend. In digte mis ry ons kerk toe. Die volgende oomblik is daar ‘n aankomende motor reg voor ons in die pad, besig om ‘n bakkie met ‘n waentjie op ‘n sperstreep verby te steek. Maar God het gesorg! Hy het gesorg dat die skouer van die pad skoon en veilig was, dat daar nie ‘n bos, of ‘n bruggie, of wal was nie en ons kon uitswaai. Hy het ook gesorg dat die ander motor nie óók uitswaai na dieselfde kant toe nie en ons almal veilig verby mekaar kon ry sonder ‘n besliste kop-aan-kop botsing.

God is hier teenwoordig! Hy gee nie net ‘n veer nie, Hy beskerm ons bewustelik. Hy vou ons toe in Sy vlerke soos ‘n hen haar kuikens toevou.

Hy verstaan ook ons soms kinderlike sug of behoefte na iets tasbaars.

Toortsie

 

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Vriendinne

Toortsie by Pinterest

3 thoughts on “Toortsie se voelgoedstorie nr 16 – Net nog ‘n veer

Gesels saam, asseblief!