Dis droog!

Iemand het my ‘n paar jaar gelede gevra of, sou my man my vra om permanent in die Klein Karoo te gaan woon, wat ek sou maak?

My antwoord was dat toe dat ek dit sou doen. Ek sal dalk mor en knor omdat ek nie meer so jonk is en lus is vir allerhande sports nie, maar op die ou end sal ek dit doen, bloot omdat ek met hom getroud is en by hom wil wees en mos maar saam met hom gaan waar die pad ons lei.

Maar hy moenie nou staan en idees kry nie, gehoor! 

So pendel ons nou al vir baie jare tussen die Overberg en die Klein Karoo, en ná al die skuiwe wat die afgelope paar maande plaasgevind het, sal die pendelry voortgaan, meer as ooit.

Mense, dis droog in die Klein Karoo. Kritiek droog. Ek praat soveel keer met my neef, dan sê hy hoe droog dit is, maar as jy hier kom, besef jy eers hóé verskriklik droog dit regtig is.

Dis besproeïngsgrond, maar geen water is in sig nie. Die damme en slote is leeg en droog. Lusernlande wat gewoonlik welig groen staan hierdie tyd van die jaar is bruin en droog.

So mense, ek vra julle mooi, tree asseblief in vir reën in die Klein Karoo.


Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Vriendinne

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings, Plaaslewe en Landbousake and tagged , . Bookmark the permalink.

11 Responses to Dis droog!

  1. Sjoe, maar die res van die land het dan so baie reën gekry? Hier in die Limpopo is alles groen. Sterkte.

    Like

  2. Kameel sê:

    Ons vertrou die Here het dit vir ons hier gedoen en dat Hy die dit ook daar sal doen. Dankie Jesus.

    Liked by 1 person

  3. ekmyselff sê:

    Hoop julle word geseen met reen.

    Like

  4. travel460 sê:

    Ek en Bertus doen, Toortsie. Ons bid regtig elke dag vir reën, saam en op ons eie. God gaan hoor. Maar tot dan, staan ons saam met julle almal.

    Liked by 1 person

  5. Ai … die hoop vlam nog hoog op !

    Liked by 1 person

  6. Dit het laas nag in die skiereiland gereen dit was wonderlik. Met die waterbeperkings is tuinplante besig im te vrek.
    My neefs boer naby Oudtshoorn si ja die Kaap kort reen

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s