‘n Weeskind met mannemoed

Koning Ahasveros was woedend omdat koningin Vasti hom so verneder deur nie toegelaat het dat hy met haar kan spog nie. Daardeur het sy haar koninginskap verloor.

Maar natuurlik het God weer hierdie verleentheid omskep in ‘n geleentheid om Sy volk te red, in die vorm van Ester, ‘n pragtige weeskind.

Mooi meisies is uitgesoek, het skoonheidsbehandeling ontvang en die regte dieet gevolg vir ‘n hele jaar lank. Uit al die meisies kies Ahasveros toe vir Ester as die nuwe koningin.

In daardie tyd het Haman behoorlik gekonkel om die Joodse volk uit te roei, maar met haar oom, Mordigai, se raad en aanmoediging het sy haar lewe in gevaar gestel om ongenooid voor die koning te verskyn. Hy het haar versoek aangehoor.

Danksy haar moedige optrede kon die Jode hulleself verdedig en het ‘n dag wat bedoel was as ‘n ramp, in ‘n triomf verander.

As ek van Ester lees, lees ek sagtheid en nederigheid raak, eienskappe wat ook koning Ahasveros van Persië se hart sag gemaak het. Tog was sy bereid om haar vrees in haar sak te steek en haar lewe te waag in belang van haar volk.

Danksy haar bereidwilligheid en waagmoed kon God haar as werktuig in Sy hand gebruik. Mag God ons ook vreesloos maak, gewillig om werktuie in Sy hand te wees!

Lees gerus die hele verhaal in die Bybelboek, Ester. Dis regtig ‘n interessante storie!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Vriendinne

Toortsie by Pinterest

10 thoughts on “‘n Weeskind met mannemoed

  1. Nounet wakker geword, by julle is dit 2 uur in die oggend, en lekker aan jou storie gelees. Ester se verhaal sal my altyd fassineer. Gaan haar defnitief eendag in die hemel opsoek en vra dat sy weer vertel. 🌹

    Liked by 1 person

  2. Twee vroue in die bybel wat my altyd fassineer is Esther en Maria Magdalene. Twee vreeslik uiteenlopende vroue, maar vroue met leeue moed. Lekker gelees Toortsie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!