Wie is Seres?

Het julle al die naam, Seres, in die Bybel raakgelees? Wel, ek kan nie onthou dat ek dit al raakgelees het nie. Ek moes dit al gelees het, maar dis by die een oog in en die ander een uit sonder dat dit geregistreer het.

Nou is ek mos ekstra bewus van die vroue in die Bybel, en hier spring haar naam na vore!

Seres was Haman se vrou. Dié Haman wat vir Mordigai wou laat hang en toe self aan sy eie galg in sy voortuin gehang is. Dié Haman wat ‘n bietjie grootkop gekry het toe hy aansien by die koning begin kry het. Sies tog, ek neem hom nie kwalik nie, ek sou dalk ook nie geweet het hoe om sulke eer te hanteer nie!

Hul skryf eintlik niks van Seres nie, maar hul noem dat hy haar ingesluit het as hy spog of kla by sy vriende en raadgewers. En hul noem haar naam saam met die raadgewers wanneer daar insig met hom gedeel word.

Dít laat my wonder, was dit dalk háár raad wat beaam is deur die raadgewers? In daardie tyd, 486vC, het vroue tog nie eintlik ‘n stem gehad nie?

Oor Haman skryf die Bybel in Praktyk so mooi dat die magtiges van die wêreld ons soms paniekerig maak, maar dat hul uiteinde nie altyd is soos húlle dit wil hê nie, want God is in beheer. Dis só waar! Dit was ook waar van Haman.

Nou ja, Seres, lyk my jy het ‘n indruk op jou man en ook die skrywer van die Bybelboek, Ester, gemaak! En ja, dis ook by jóú huis, in jóú aangesig, wat hul jou man aan die galg opgehang het. Wat ‘n vrou nie soms moet verduur nie! Wat énige mens nie soms moet verduur nie!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Vriendinne

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Vroue in die Bybel. Bookmark the permalink.

11 Responses to Wie is Seres?

  1. Ek wonder soms hoe die vroue werklik oor hulle mans gevoel het… Was hulle soms ook opstandig en ontevrede …

    Liked by 1 person

  2. Ilse Watson sê:

    Interessant!

    Liked by 1 person

  3. dromer777 sê:

    Nog nooit so daar aan gedink nie. Dankie

    Like

  4. Slim vroue het nog altyd hulle mans na hulle pype laat dans! Grappie. Ja, ek dink in sommige wêrelddele kry vroue nog steeds baie swaar en hulle mag nie kla nie, want dit kan groot probleme vir hulle veroorsaak.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s