Boksies kos

By tye vra iemand my van boksies of sakkies voorafbereide kos waarop staan dat dit vir die Lae Koolhidraatdieet geskik is. Dan voel ek vreeslik simpel, want gewoonlik weet ek nie daarvan nie.

Die rede is: Toe ek in Julie 2014 begin Bant het, het ek NET The New Meal Revolution van Tim Noakes tot my beskikking gehad. Dit was die ENIGSTE inligting wat ek in die hande kon kry ten opsigte van LCHF. Ek het nie geweet van resepte op Pinterest of van Facebook groepe nie. Ek het nie geweet wáár om te gaan soek nie.

En dís natuurlik waar Toortsie se Bantingboerekos ontstaan het. Ek moes my eie ding doen! Ek moes die Bantingreëls leer en so gou as moontlik gewone kos uitdink wat die Bantingtoets sou slaag.

Die een ding wat keer op keer genoem is in die rooi boek, is dat ons regte kos eet. Real Food. Nié boksies en blikkies en sakkies kos wat voorafberei is nie, want ons weet nie wat daarin is nie. ‘n Etiket wat sê dis LCHF vriendelik, is ongelukkig nie genoeg nie, want soveel keer kyk ek na die bestanddele, dan is die rooi lys tog te mooi verteenwoordig daar.

So ek het geleer om sonder hierdie kosse te kook. Sekere kosse het ek eenvoudig net uitgelos, ek het nie probeer om ‘n plaasvervanger vir alles te vind nie. Tot vandag toe is ek nog nie op die blomkooltrein met blomkoolmash en blomkoolpizza en blomkoolwatookal nie. Ek het nie ‘n probleem daarmee nie, maar ek het sonder dit leer kook!

Nou ja, elke munt het ‘n ander kant ook. Tensy ek vrugte present kry en dan my eie Bantingblatjang maak, gooi ek steeds Mrs Balls in my kos en ek wéét daar is suiker in. Hoeveel suiker sal in 50 ml blatjang wees wat ek in ‘n HELE dis gooi? En ek gebruik steeds All Gold se tamatiesous. Weer eens, 30 ml in ‘n hele dis, nie eers elke dag nie? En hier gaan die Bantingpolisie stuipe kry,  soms maak ek wel my eie mayonnaise wat aaklig smaak, ek werk nog aan die resep, maar ek gebruik gewoonlik gewone volvet Cross & Blackwell mayonnaise. (Skiet my dan maar.) En op hierdie stadium, as ek my eie mayonnaise maak, meng ek steeds Cross & Blackwell saam met dit om die nare, oorweldigende olyfoliesmaak te verdoesel.

Verder maak ek ‘real food’ met ‘regte bestanddele’ en los die goed wat ek nie kan vervang nie. Ek kom nou 2 jaar en 8 maande so reg, het 17 kg verloor en behou my gewig, is gesond, so wat meer kan ek vra?

O ja, GLUTENFREE is nie noodwendig LCHF nie. Oppas vir daardie slaggat!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Vriendinne

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged , . Bookmark the permalink.

16 Responses to Boksies kos

  1. seegogga sê:

    Ek eas jarrre gelede al op n low carbohidrate dieet ( so 1977 se kant) en ons mag mayonaise geeet het. Soveel as wat ons wil.
    Gewone gekoopste mayonaise. En ons het steeds maer geword.

    Like

    • Toortsie sê:

      Ek soek dit nog in Tim se boek, maar ek is seker iewers skryf hy dat ‘n mens verkieslik jou eie mayonnaise moet maak, maar wel die gewone een mag gebruik. By Banting gaan dit daaroor dat die olies daarin olies is wat ons nie mag gebruik nie. Oh well, ek baklei eerder met duiwels wat ek ken, as met duiwels wat ek nie ken nie. Soek gebruik maar daai mayo met die verkeerde olies.

      Liked by 1 person

  2. Ek stem saam met jou oor die mayonaise. Hier en daar kan mens maar n klein bietjie verkeerd in n dis gooi. Dis mos nie daagliks nie.

    Like

  3. Son sê:

    Ek is bly om te lees ek is nie die enigste wat soms oortree met souse nie. Maar ek gebruik bitter min souse. Ek het nie eers tamatiesous in my huis nie. Ek dink die belangrikste ding wat Banting my geleer het, is om gesonder te eet. Ek bant lankal nie meer 100% nie, maar my gewig bly af en ek verloor steeds soo 200 gram per week. Ander weke staan ek stil. Maar ek stres nou nie meer daaroor nie.

    Like

    • Toortsie sê:

      Ek staan al lankal stil.
      Son, ek wil graag vir die res van my lewe hierdie leefstyl volg. Dit bring mee dat ek dit so leefbaar as moontlik moet maak.
      Maak die reëls belaglik moeilik en jy val van die wa af. Dis wat by al die vorige dieëte gebeur het wat ek gevolg het.

      Like

  4. Ilse Watson sê:

    Ek het banting probeer, maar dit het nie vir my gewerk nie. Ek eet maar net reg en sny alle gemors uit. Die afgelope twee jaar het ek 20 kg verloor. Ek dink van my “followers” is dalk bietjie deurmekaar want ek het ‘n tweede blog geskep. Dit is http://www.ilseiswriting.wordpress.com – besoek gerus vir fiksie, gedigte en sommer allerhande soorte stories. My blog http://www.mybrainhashiccupsblog.wordpress.com fokus net op mental health. Dankie vir die inloer! Mooi naweek.

    Like

  5. Ek is saam met jou (sê hulle in Namakwaland wanneer hulle saamstem) – ek het geen vertroue in enigiets wat uit boksies, pakkies en blikkies kom nie, maar om jou kos op te kikker met ‘n sousie, kan nie veel skade doen nie. Ek probeer so gesond as moontlik eet, maar volg geen spesifieke dieet nie. Vergryp myself so nou en dan aan brood, ja 😛 maar oor die algemeen moet ‘n mens net matigheid voor oë hou en jou gewig sal nie jo-jo nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s