Slaapwandelaars, wakkerlê en alarms

Alhoewel dit deesdae uiters min gebeur, het ek soms ‘n lopery in my slaap. Dis ‘n behoorlik simpel gedoente.

Ek gee gewoonlik my eerte paar treë in my droom. Dan, skielik, het ek verdwaal in die donker en weet glad nie waar ek is nie. Terwyl die res van die gesin heerlik slaap, sukkel ek dan voetjie vir voetjie, voel-voel voort, steeds halfpad in my droom, gewoonlik erg verward.

Een of ander tyd is ek wakker genoeg en onthou dan waar ek regtig is, voel vir iets bekends en klim in my bed.

Ek wonder hoe dit hier op die dorp sal gaan met ‘n slaaplopery en alarms wat in die huis aan is. Genade! Mens kan amper nie in jou eie huis beweeg nie!

Kyk, die alarmbesigheid werk, maar dan moet jy nie ‘n nag wakkerlê nie.

As ek op die plaas nie aan die slaap kon raak nie, sou ek opstaan en iewers iets anders kon gaan doen. Nie hier nie! Om iets anders te kan doen, moet die alarm eers afgeskakel word met ‘n hengse lawaai, net om dit later weer met ‘n geskree te aktiveer. So, die hele huis word wakker. Gevangene in jou eie huis.

Ek vermoed slapwandel en wakkerlê moet nou vinnig iets van die verlede word. Ek sal moet leer om my bekommernisse vir die Here te gee, rustig te raak, Hom daarmee te vertrou en lekker te slaap!

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Toe kom die lorrie

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Dorpslewe, soos gesien deur 'n plaasjapie and tagged , . Bookmark the permalink.

24 Responses to Slaapwandelaars, wakkerlê en alarms

  1. travel460 sê:

    O goeiste Toortsie, ek het gedink dit is net ek wat so sukkel om my bekommernisse oor te gee, en dan by Hom te los. Diè nag wakkerword storie kry my ordentik onder. Ek loop wel nie in my slaap rond nie, en net sowel. Want ons huis het baie trappe.

    Like

  2. ekmyselff sê:

    Ja nee – gee daai bekommernisse weg… dalk dwing Hy jou so bietjie 🙂
    Sterkte!
    Nogal ironies dat julle nie op die plaas (waar dit deesdae so onveilig is) n alarm gehad het nie aar dat julle nou een het.
    Klink my arme Toorts moet aan n hele paar dorpsdinge gewoond raak. Sterkte!

    Like

  3. Hie-hie! Rerig? Manlief het seker al lekker vir jou gelag. Gewoonlik is dit net my vol blasie wat my deur die nag so vining laat opspring dat ek my eerste tree vergeet het!

    Like

    • Toortsie sê:

      Man, vir baie lank het hy rustig daardeur geslaap. Of gemaak of hy slaap. Tot die gesin ontdek het dat die een wat my hoor, net ‘n lig moet aanskakel sodat ek kan sien waar ek is. Nog nagblind ook!
      Maar een nag het ek woedend gesê: ‘Sit net aan die fokken lig!😟’ Hy’s nie tewoond dat ek so praat nie. Hy vertel dit tog te graag. 😃

      Liked by 2 people

  4. Oeps, jy beter versigtig wees. Ek loop darem nie in my slaap nie, maar soms lê ek wakker en luister na musiek of oudioboeke. Ek is te bang om van my bed af te klim, want ek sal òf die hond òf die kat raaktrap. Hulle slaap weerskante van my bed in hulle mandjies.

    Liked by 1 person

  5. Terug pieng: Toortsie se blog | Die Wit Hasie

  6. Werner Olivier sê:

    Jy kan nog steeds in jou slaap loop Toortsie,met die alarm aan.”Bypass” net die sones in die huis,en maak seker die vensters het goeie diefwering voor.Die deure is nog steeds geaktiveer,sou iemand daar peuter.Die beste is nog steeds ”beams” buite wat in die nag die werk moet doen.As jou alarm sones in die huis afgaan is daar reeds iemand in jou huis wat ‘n mens nie graag wil beleef nie.Maak ook net seker die regte mense het toegang tot julle alarm kode, en dat dit nie in verkeerde hande kom nie.Sterkte.Hier in die stede leef ons al baie lank met alarms.
    Groetnis.

    Like

  7. Kameel sê:

    Toorts welkom in die stads….. of dorpslewe. Ook maar goed daar is ‘n alarm en beams of jy het dalk pad gevat en wie weet waar beland.
    Ek het gister vir ons selleier gesê ek mag dalk net my cool verloor en voor hulle almal “dêmmit” sê as dinge so aangaan. En ek het gedog dit is erg!!!!

    Liked by 1 person

  8. seegogga sê:

    daai alarm moet net so een of tweekeer in jouu slaapwandelry afgaan, dan is jy sekerlik genees daarvan!

    Liked by 1 person

  9. dromer777 sê:

    ek giggel lekker vir die alarmstorie. laat weet asb

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s