Is Banting ‘n vleiseetstorie?

madele_resepteboek_photographybylize-45

Verskoon my as ek myself herhaal, maar daar is ‘n persepie wat mense oor Banting het, wat herhaaldelik voorkom. Ek kan nie anders om maar weer daaroor te skryf nie.

Ek het ‘n vriendin wat regtig ‘n kandidaat is vir Banting, nie omdat sy oorgewig is nie, maar weens allergieë vir juis die kosse wat by Banting verbode is. Dadelik wil ek myself hier verontskuldig, ek sal nooit Banting op enige persoon afdwing nie. Om dit te volg, is ‘n keuse wat jyself maak in samewerking met jou dokter.

Die rede hoekom soveel mense nie die Banting leefstyl wil volg nie, is oor die baie vleis wat hulle dink hulle moet eet. En dít, liewe vriende, is ‘n wanpersepsie.

In die eerste plek is Banting nie ‘n hoë proteïendieet nie, wel ‘n hoë vet dieet. Hieroor het ek al geskryf, oor hoe om die vet in jou dieet te verhoog sonder om meer proteïene in te neem. Jy kan dit hier lees. 

Wanneer jy Banting doen, mag jy vleis eet en verseker is daar mense wat totaal oorboord gaan, maar dis nie die norm nie.  Ek dink net vleis word graag genoem omdat dit juis soveel beperk word by ander dieëte. Jy mág dit eet, maar dis nie voorgeskryf nie.

Om die waarheid te sê, by Banting mag jy eet wat jy wil, solank jy die rooi lys totaal vermy en versigtig eet van die oranje lys. Ja, daar is voorgeskrewe eetplanne beskikbaar vir mense wat dit so verkies, maar as jy hou daarvan om jou eie ding te doen, soos ek, stel jy jou eie spyskaart saam. Hou jy dus nie van vleis nie, gaan niemand dit in jou keel afdruk nie!

By Banting druk ons in elk geval niks in jou keel af wat jy nie daar afgedruk wil hê nie. Ek het al selfs vegetariër Banters raakgeloop! Ek dink egter dit moet nogals ‘n uitdaging wees, want ek is baie lief vir diereprodukte en suiwel.

Wel, ekself is bevoorreg om elke dag een of ander vorm van vleis te mag eet, maar beslis nie 3x per dag nie! Maar vir diegene wat nie vleis verkies nie, ís daar alternatiewe.

Ek glo uit my hele hart dat as jy medikasie moet neem omdat jy allergies is vir stysel, jy dalk goedkoper gaan deurkom met Banting as jou liggaam nie meer die stysels inkry en jy nie meer die medikasie gaan nodig kry nie. Maar baie belangrik, praat eers met jou dokter! MOET ASSEBLIEF ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE JOU MEDIKASIE LOS SONDER DIE GOEDKEURING VAN JOU DOKTER NIE.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Toe kom die lorrie

Toortsie by Pinterest

17 thoughts on “Is Banting ‘n vleiseetstorie?

  1. Ek is al moeg om aan almal te verduidelik. Ek het net 1 nier en almal sê altyd die baie vleis is nie goed vir niere. Mense vergelyk dit met die vroeëre hoë protiëne dieëte

    Like

  2. Ek se altyd vir mense dat hulle kan die selfde as tevore eet. Los net die carbs en bly weg van lae vet produkte. Hulle kan nie glo dat did so maklik kan wees nie. En Lees Die Boek ‘before you jump to conclusions!’ “Kon ek so gesond en slank wees as ek sleg eet? Ek dink nie so nie.”
    A paar vriende het Banting probeer omdat hulle die resultate in my gesien het.

    Liked by 1 person

        1. I hope you did not misunderstand me? I did not mean that you should read the book – I tell others to read The Real Meal Revolution before jumping to conclusions 🙂

          Like

  3. Ek het begin LCHF lewe om my bloedsuiker te beheer… nie om gewig te verloor nie. Om die waarheid te sê, ek het gou agtergekom dat my “gastro” probleme ook begin minder raak het! En, bygesê, ek volg net een begisel… vermy so ver as moontlik GPS… “no grain, potatoes, sugar.”
    Ek wens net mense wil ophou verskonings soek en net vir hulself probeer sien hoe efektief LCHF kan wees in hulle lewens!

    Like

    1. Ek het dit suiwer vir gewigsverlies begin doen en toe het soveel ander goed ook in plek geval. Bloedsuiker, cholesterol. Metaboliese sindroom. Ek dink nogals my cholesterol het aanvanklik ‘n bietjie gestyg en toe genormaliseer.
      Ek het nog altyd beweer dat ek wel soms mag kroek, by absolute uitsondering. So was ek Woensdag by ‘n partytjie waar net sietigheid bedien was. Ek het besluit om van dit te eet. Wel, 3 dae se hoofpyn wat daarop gevolg het, het my gewys wat ek nou baie goed weet. Dit is net nie die moeite werd nie.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!