Op ‘n nuwe pad

Ja, dit is nou al ou nuus in die nuwe koerant, maar ons het mos nou ‘n nuwe roete ingeslaan, of eerder, wat ons blyplek aanbetref het ons ‘n nuwe roete ingeslaan. (The Daily Post: The Road Taken)

Dis vir my interessant dat die bloginskrywings wat ek nou al gelees het oor hierdie onderwerp, meestal dui na ‘n nuwe, rustige pad, meer na die natuur toe.

Ek woon nou in my dorpshuis, my goed is amper klaar uitgepak. As ek nou vandag mooi vasbyt en nie té aandagafleibaar is nie, behoort ek teen vanaand amper klaar te wees. My nuwe huis is weer huis!

Baie dinge het dieselfde gebly. Baie dinge het verander. Twee weke gelede sou ek op my bed sit en voëls en skape en lammers hoor. Ek sou uitkyk in my agtertuin. Waar ek nou sit, hoor ek voëls en voertuie wat verder af in die pad ry. Ek sien ‘n groot sementheining, hondebolle aan my kant wat nog nie opgetel is nie en die bure se dak!

Die staproete saam met my hond het ook verander. Skielik word die hele ekologie nie meer versteur deur ‘n lawwe hond nie, die hond is nou aan ‘n leiband, mooi netjies. Sy verkyk haar aan elke liewe hond in elke volgende erf. Het julle geweet op hoeveel verskillende maniere, toonhoogtes, wat nog alles, honde kan blaf? Party het ‘n diep stem, ander het amper geen stem, seker al hees geblaf, party moet nog leer blaf!

So dit klink nou baie negatief en dit sou beslis so klink as ek nou hier sou ophou skryf. Maar nee, dit is nie negatief nie.

Op hierdie pad wat ek nou volg, is daar meer mense, kan ‘n vriendin gou oorstap vir ‘n koppie koffie of ‘n vinnige geselsie. Op hierdie pad kan ek, as ek sien iemand voel ‘n bietjie af, gou ‘n boodskappie stuur, kom drink koffie. Dit kon ek natuurlik by my vorige huis ook doen, daar was net baie meer tyd nodig om dit te doen. Al is ek nie een wat elke dag in die winkels wil ronddwaal nie, is die winkels nou baie naby vir as jy skielik iets benodig. Ek ontmoet nuwe, dierbare, bure.

Hierdie is beslis ‘n nuwe, vreemde pad, maar ek sal hom stap. Gelukkig is dit nie die enigste pad wat ek stap nie en gaan ek steeds in die natuur kan kom, gaan ek steeds op ‘n baie gereelde basis die geleentheid hê om op ‘n plaas te kan gaan stap met sy uitgestrektheid, sy rustigheid.

Mooi loop! Geniet die pad wat jy stap voluit. Maak gebruik van elke geleentheid!

Die Vooraf en die Agterná:

17098424_10210920758368517_397185939402609146_n 16999053_10210920752688375_3604209157814465327_n

 

 

 

 

 

 

 

Groetnis,

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Toe kom die lorrie

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Dorpslewe, soos gesien deur 'n plaasjapie and tagged . Bookmark the permalink.

14 Responses to Op ‘n nuwe pad

  1. nowathome sê:

    Sterkte vir jou op hierdie nuwe pad!

    Like

  2. So aan jou gedink toe ek my blog “seisoene” geskryf het. Hierdie nuwe pad is ook n nuwe seisoen vir jou. Soos jy se nie noodwendig sleg nie. Eintlik n ontdekkingstog vir jou. Lekker stap.

    Like

  3. ekmyselff sê:

    Geniet dit vreeslik!

    Liked by 1 person

  4. Kameel sê:

    Jesus stap saam 🙂

    Like

  5. Dis nou ook weer ‘n nuwe lewe,Toortsie.Geniet dit!

    Like

  6. dromer777 sê:

    Lekker stap. Jou positiwiteit maak dit makliker vir jou

    Liked by 1 person

  7. KleinKitti sê:

    Naby die see Toortsie? Hoop daar is natuurgeluide en nie net trêffic nie. Lekker nesskop. Daai mooi kamer kort net n blog of groen tak. 🙂

    Like

  8. aj vosse sê:

    Lekker stap… honde bolle en al!! 😉

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s