Toortsie se goedvoelstorie 15 – Wegbreek

Soos gepubliseer op Finesse se goedvoelblog.

Wegbreek

As daar nou ‘n mens is wat glo in vakansie, is dit ek! Soveel mense kan aangaan en aangaan met hulle werk, jaar in en jaar uit en besef nie wat hulle aan hulleself en hul familie doen nie. Ons het rus nodig, of ons dit wil erken, of nie.

‘n Goeie vakansie waar jy behoorlik afskakel en jou batterye herlaai, behoort minstens twee weke te duur. Dit neem ‘n paar dae vir jou liggaam om uit die stresboksie te kom en aan die ontspanning gewoond te raak en af te skakel.

Tydens ‘n vakansie kry jy nuwe moed, nuwe krag, maar ook nuwe idees wat alles tot voordeel van jou besigheid, jou gesin en jouself ingespan kan word.

Teenoor ‘n vakansie, is daar ook ‘n kort wegbreek, wat self wonders doen. Net die verandering in jou roetine, die tydelike wegkom uit jou onmiddelike omstandighede, is ‘n energie-inspuiting soos min. Skielik val die oogklappe af, skep jy nuwe asem, sien jy dinge uit ‘n ander hoek en besef jy dat dinge dalk baie beter is as wat jy gedink het, of jy kry dalk ‘n idee hoe om probleemareas te benader.

Doen daardie wegbreek. As jy kan, laai die kinders by oupa en ouma af en glip jy en jou man weg vir ‘n vinnige wegbreek. Gee weer aandag aan mekaar soos lank gelede, stap hand aan hand, geniet mekaar se geselskap, lê in sy arm, drink ‘n skemerkelkie terwyl julle styf teen mekaar sit en die sonsondergang geniet. Skielik het jy weer moed vir jou huwelik, jou kinders en jou werk ook! Doen dit net, selfs al is dit nou onmoontlik om watter rede ook al. Jy sal nie spyt wees nie.

Vernuwe jou denke!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Toe kom die lorrie

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se voelgoedstories. Bookmark the permalink.

7 Responses to Toortsie se goedvoelstorie 15 – Wegbreek

  1. seegogga sê:

    Ja ek glo ook daaraan!

    Like

  2. travel460 sê:

    Hoop jy en jou man gaan binnekort ñ wegbreek kans kry, Toortsie? Glo julle het dit bitter baie nodig, so na die troue en trekkery.

    Like

  3. puppy1952 sê:

    Gooie raad! Ek dink ek het my werk so geniet omdat ons gereeld weggegaan het – vir ‘n naweek nou en dan en ook gedurende die skoolvakansies. My man het sy eie besigheid gehad en het die selfoon saamgeneem maar hy’t net een keer per dag die kantoor gebel. Die vakansie het hom altyd goed gedoen. Soms was dit saam met die kinders en soms nie. Dit was baie goed vir ons familielyf en ons huwelik.

    Liked by 1 person

  4. Dit is noodsaaklik maar nie altyd doen baar nie. So as die tydjie kom geniet dit.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s