My foon

Iemand sê een keer vir my dat ek my foon verskriklik baie gebruik. Ja, dit is so,veral as ek nie by die huis is nie.

My foon is my bron van kommunikadie met ander mense, maar dis nog meer as dit!

Natuurlik bel ek mense met my foon, ook whattsapp, sms en e-pos. Ek skryf en lees blogs op my foon en gesels op Facebook.

Het ek Google nodig vir navrae, is fountjie  onmiddellik byderhand. Moet daar ‘n foto geneem word? Vra vir fountjie. 

Wil ek ietsie hekel, volg ek die patroon op Pinterest, natuurlik op my foon. Wil iemand by ‘n skou weet hoeveel bulkalwers het daardie koei al gehad, kyk ek op Dropbox op my foon!  En wil my man skielik administratiewe inligting hê, is foontjie byderhand.

Waar lees ek my boek? Op dieselfde foon!

My foon is my geselskap, my rekenaar, my bron van inligting, my kamera, my biblioteek. En ja, ek hanteer hom baie, gebruik hom baie, wend hom 100 persent aan, benut hom.

Groetnis

Toortsie

Terwyl ek nou met my foon besig is, die WordPress kennisgewings dateer nie altyd op op my foon nie. Dit was met ‘n vorige foon ook die probleem. Ervaar julle dit ook? Het dit dalk met die app te doen? Dit wys daar is kennisgewings, maar dit dateer nie op nie.

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Toe kom die lorrie

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to My foon

  1. Kameel sê:

    From my phone to your phone. Wat sal ons sonder ons fone doen…. ek kyk tot fliek op my foon.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s